Openbaring 17:1-18

17  En een van die sewe engele wat die sewe bakke gehad het,+ het gekom en met my gepraat en gesê: “Kom, ek sal jou die oordeel wys oor die groot hoer+ wat op baie waters sit,+  met wie die konings van die aarde hoerery gepleeg het,+ terwyl dié wat die aarde bewoon, dronk gemaak is met die wyn van haar hoerery.”+  En hy het my in die krag van die gees+ na ’n wildernis weggevoer. En ek het ’n vrou op ’n skarlakenkleurige wilde dier+ sien sit, wat vol lasterlike name was+ en wat sewe koppe+ en tien horings gehad het.  En die vrou was geklee in purper+ en skarlaken+ en was versier met goud en edelstene en pêrels+ en het in haar hand ’n goue beker+ gehad wat vol walglike dinge+ en die onrein dinge van haar hoerery was.+  En op haar voorkop was ’n naam geskrywe, ’n verborgenheid:+ “Babilon die Grote, die moeder van die hoere+ en van die walglike dinge van die aarde.”+  En ek het gesien dat die vrou dronk was van die bloed+ van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus.+ Wel, toe ek haar sien, het ek my verwonder met groot verwondering.+  Daarop het die engel vir my gesê: “Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid vertel van die vrou+ en van die wilde dier wat haar dra en wat die sewe koppe en die tien horings het:+  Die wilde dier wat jy gesien het, was,+ maar is nie, en staan tog op die punt om uit die afgrond op te kom,+ en hy moet in die vernietiging weggaan. En wanneer dié wat op die aarde woon, sien hoe die wilde dier was, maar nie is nie, en tog teenwoordig sal wees, sal hulle hulle met bewondering verbaas, maar hulle name is van die grondlegging van die wêreld af+ nie in die boekrol van die lewe geskryf nie.+  “Hiér is dit ’n kwessie van die intelligensie wat wysheid het:+ Die sewe koppe+ beteken sewe berge,+ waarop die vrou sit. 10  En daar is sewe konings: vyf het geval,+ een is,+ die ander een het nog nie gekom nie,+ maar wanneer hy wel kom, moet hy ’n kort tydjie bly.+ 11  En die wilde dier wat was, maar nie is nie,+ hy is ook self ’n agtste koning, maar spruit uit die sewe voort, en hy gaan in die vernietiging weg. 12  “En die tien horings wat jy gesien het, beteken tien konings,+ wat nog nie ’n koninkryk ontvang het nie, maar hulle ontvang een uur lank gesag as konings saam met die wilde dier. 13  Hulle het een gedagte, en daarom gee hulle hulle mag en gesag aan die wilde dier.+ 14  Hulle sal teen die Lam veg,+ maar die Lam sal hulle oorwin+ omdat hy Here van die here en Koning van die konings is.+ Ook sal die geroepenes en uitverkorenes en getroues wat saam met hom is, oorwin.”+ 15  En hy sê vir my: “Die waters wat jy gesien het, waar die hoer sit, beteken volke en menigtes en nasies en tale.+ 16  En die tien horings+ wat jy gesien het, en die wilde dier,+ hulle sal die hoer haat+ en sal haar verwoes en naak maak, en hulle sal haar vlesige dele opeet en haar heeltemal met vuur verbrand.+ 17  Want God het dit in hulle harte gesit om sy gedagte uit te voer,+ ja, om hulle een gedagte uit te voer deur hulle koninkryk aan die wilde dier te gee,+ totdat die woorde van God volbring sal wees.+ 18  En die vrou+ wat jy gesien het, beteken die groot stad wat ’n koninkryk oor die konings van die aarde het.”+

Voetnote