Openbaring 18:1-24

18  Ná hierdie dinge het ek ’n ander engel uit die hemel sien neerdaal, met groot gesag;+ en die aarde is deur sy heerlikheid verlig.+  En hy het met ’n sterk stem uitgeroep+ en gesê: “Sy het geval! Babilon die Grote het geval,+ en sy het ’n woonplek geword van demone en ’n skuilplek van elke onrein uitwaseming+ en ’n skuilplek van elke onrein en gehate voël!+  Want weens die wyn van die toorn van haar hoerery het al die nasies slagoffers geword,+ en die konings van die aarde het met haar hoerery gepleeg,+ en die reisende koopmanne+ van die aarde het ryk geword weens die mag van haar skaamtelose weelde.”+  En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: “Gaan uit haar uit, my volk,+ as julle nie met haar in haar sondes wil deel nie,+ en as julle geen deel van haar plae wil ontvang nie.  Want haar sondes het tot aan die hemel opgehoop+ en God het haar ongeregtighede onthou.+  Vergeld haar net soos sy self vergeld het,+ en doen aan haar twee keer soveel, ja, twee keer die aantal dinge wat sy gedoen het;+ sit in die beker+ waarin sy ’n mengsel gesit het, vir haar twee keer+ soveel van die mengsel.+  In die mate waarin sy haarself verheerlik en in skaamtelose weelde gelewe het, gee haar in dié mate pyniging en verdriet.+ Want in haar hart bly sy sê: ‘Ek sit as koningin,+ en ek is geen weduwee nie,+ en ek sal nooit verdriet sien nie.’+  Daarom sal haar plae+ in een dag kom: dood en verdriet en hongersnood, en sy sal heeltemal met vuur verbrand word,+ want Jehovah God, wat haar geoordeel het, is sterk.+  “En die konings+ van die aarde wat hoerery met haar gepleeg het en in skaamtelose weelde geleef het, sal huil en hulleself in droefheid oor haar slaan+ wanneer hulle na die rook+ van haar verbranding kyk, 10  terwyl hulle uit vrees vir haar pyniging op ’n afstand staan en sê:+ ‘Hoe jammer, hoe jammer, o groot stad,+ Babilon, die sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!’+ 11  “Ook huil en treur die reisende koopmanne+ van die aarde oor haar,+ omdat daar niemand meer is om hulle volle voorraad te koop nie, 12  ’n volle voorraad+ goud en silwer en edelstene en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en alles van geurige hout en allerhande ivoorvoorwerpe en allerhande voorwerpe van baie kosbare hout en van koper en van yster en van marmer;+ 13  ook kaneel en Indiese speserye en reukwerk en welriekende olie en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en beeste en skape en perde en koetse en slawe en mensesiele.+ 14  Ja, die goeie vrug wat jou siel begeer het,+ het van jou gewyk, en al die keurige dinge en die skitterende dinge het vir jou verlore gegaan, en nooit weer sal mense dit vind nie.+ 15  “Die reisende koopmanne+ van hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal uit vrees vir haar pyniging op ’n afstand staan en sal huil en treur+ 16  en sê: ‘Hoe jammer, hoe jammer—die groot stad,+ geklee in fyn linne en purper en skarlaken, en ryklik versier met goue sierade en edelstene en pêrels,+ 17  want in een uur is sulke groot rykdom verwoes!’+ “En elke skeepskaptein en elkeen wat êrens heen vaar,+ en matrose en almal wat ’n bestaan uit die see maak, het op ’n afstand gestaan+ 18  en uitgeroep terwyl hulle na die rook van haar verbranding gekyk en gesê het: ‘Watter stad is soos die groot stad?’+ 19  En hulle het stof op hulle koppe gegooi+ en het met ’n gehuil en ’n getreur uitgeroep+ en gesê: ‘Hoe jammer, hoe jammer—die groot stad, waarin almal wat bote op see het,+ ryk geword het+ weens haar weelde, want in een uur is sy verwoes!’+ 20  “Wees bly oor haar, o hemel,+ ook julle, heiliges+ en apostels+ en profete, omdat God vir julle geregtelike straf aan haar voltrek het!”+ 21  En ’n sterk engel het ’n klip soos ’n groot meulsteen opgetel+ en dit in die see geslinger+ en gesê: “So sal Babilon, die groot stad, met ’n vaart neergeslinger word, en sy sal nooit weer gevind word nie.+ 22  En die geluid van sangers wat hulleself op die harp begelei en van musikante en van fluitspelers en van trompetblasers sal nooit weer in jou gehoor word nie,+ en geen vakman van enige ambag sal ooit weer in jou gevind word nie, en geen geluid van ’n meulsteen sal ooit weer in jou gehoor word nie, 23  en geen lig van ’n lamp sal ooit weer in jou skyn nie, en geen stem van ’n bruidegom en van ’n bruid sal ooit weer in jou gehoor word nie;+ want jou reisende koopmanne+ was die hooggeplaastes+ van die aarde, want deur jou spiritistiese+ gebruike is al die nasies mislei. 24  Ja, in haar is die bloed+ van profete+ en van heiliges+ gevind, en van almal wat op die aarde doodgemaak is.”+

Voetnote