Openbaring 2:1-29

2  “Skryf aan die engel+ van die gemeente in Eʹfese:+ Hierdie dinge sê hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou,+ hy wat tussen die sewe goue lampstaanders wandel:+  ‘Ek ken jou dade,+ en jou arbeid en volharding, en weet dat jy slegte mense nie kan verdra nie, en dat jy dié op die proef gestel het+ wat sê dat hulle apostels is,+ maar dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het.  Jy lê ook volharding aan die dag,+ en jy het ter wille van my naam uitgehou+ en nie moeg geword nie.+  Nietemin het ek dít teen jou, dat jy die liefde wat jy eers gehad het, verlaat het.+  “‘Onthou dan waarvan jy geval het, en toon berou+ en doen die dade van vroeër. So nie, kom ek na jou toe,+ en ek sal jou lampstaander+ van sy plek verwyder, tensy jy berou toon.  Maar dít het jy, dat jy die dade van die sekte van Nikolaʹus+ haat,+ wat ek ook haat.  Laat die een wat ’n oor het, hoor wat die gees+ vir die gemeentes sê: Aan hom wat oorwin,+ sal ek gee om van die boom van die lewe te eet,+ wat in die paradys van God is.’  “En skryf aan die engel+ van die gemeente in Smirna: Hierdie dinge sê hy, ‘die Eerste en die Laaste’,+ wat doodgegaan en weer lewend geword het:+  ‘Ek ken jou verdrukking en armoede—maar jy is ryk+—en die lastering deur dié wat sê dat hulle Jode is,+ en dit tog nie is nie, maar ’n sinagoge van Satan+ is. 10  Moenie bang wees vir die dinge wat jy weldra gaan ly nie.+ Kyk! Die Duiwel+ sal aanhou om party van julle in die gevangenis te gooi sodat julle ten volle op die proef gestel kan word+ en sodat julle tien dae lank verdrukking+ kan hê. Wees selfs tot in die dood getrou,+ en ek sal jou die kroon van die lewe gee.+ 11  Laat die een wat ’n oor het, hoor+ wat die gees+ vir die gemeentes sê: Hy wat oorwin,+ sal hoegenaamd nie deur die tweede dood geskaad word nie.’+ 12  “En skryf aan die engel van die gemeente in Perʹgamum: Hierdie dinge sê hy wat die skerp, lang tweesnydende swaard het:+ 13  ‘Ek weet waar jy woon, dit wil sê waar die troon van Satan is; en tog hou jy vas aan my naam,+ en jy het jou geloof in my nie verloën nie,+ selfs in die dae van Anʹtipas, my getuie,+ die getroue, wat aan julle sy, waar Satan woon, doodgemaak is.+ 14  “‘Nietemin het ek ’n paar dinge teen jou, dat jy daar diegene het wat vashou aan die leer van Biʹleam,+ wat vir Balak+ geleer het om ’n struikelblok voor die kinders van Israel te lê, om afgodsoffers te eet en om hoerery te pleeg.+ 15  So het jy ook dié wat op dieselfde wyse vashou aan die leer van die sekte van Nikolaʹus.+ 16  Toon dan berou.+ So nie, kom ek gou na jou toe, en ek sal met die lang swaard van my mond+ teen hulle oorlog voer.+ 17  “‘Laat die een wat ’n oor het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê:+ Aan hom wat oorwin,+ sal ek van die verborge manna gee,+ en ek sal hom ’n wit klippie gee, en op die klippie staan ’n nuwe naam+ geskrywe wat niemand ken nie, behalwe die een wat dit ontvang.’+ 18  “En skryf aan die engel van die gemeente in Tiatiʹra:+ Hierdie dinge sê die Seun van God,+ hy wat oë het soos ’n vuurvlam,+ en sy voete is soos fyn koper:+ 19  ‘Ek ken jou dade en jou liefde+ en geloof en bediening en volharding en weet dat jou dade+ in die laaste tyd meer is as dié van vroeër.+ 20  “‘Nietemin het ek dít teen jou, dat jy daardie vrou Iseʹbel+ duld, wat haarself ’n profetes noem, en sy leer+ en mislei my slawe+ om hoerery te pleeg+ en om afgodsoffers te eet.+ 21  En ek het haar tyd gegee om berou te toon,+ maar sy wil nie berou toon oor haar hoerery nie.+ 22  Kyk! Ek staan op die punt om haar op ’n siekbed te werp, en dié wat met haar egbreuk pleeg, in groot verdrukking, tensy hulle berou toon oor haar dade. 23  En haar kinders sal ek met dodelike plae doodmaak, sodat al die gemeentes sal weet dat dit ek is wat die niere en harte deursoek, en ek sal aan elkeen van julle gee volgens julle dade.+ 24  “‘Ek sê egter vir die res van julle wat in Tiatiʹra is, almal wat nie hierdie leer het nie, juis dié wat nie die “diep dinge van Satan”,+ soos hulle sê, leer ken het nie: Ek lê geen ander las op julle nie.+ 25  Hou nietemin vas aan wat julle het+ totdat ek kom. 26  En aan hom wat oorwin en my dade tot die einde toe onderhou,+ sal ek gesag oor die nasies gee,+ 27  en hy sal met ’n ysterstaf as herder teenoor die mense optree,+ sodat hulle soos kleivoorwerpe verbrysel sal word,+ net soos ek van my Vader ontvang het, 28  en ek sal hom die môrester gee.+ 29  Laat die een wat ’n oor het, hoor wat die gees+ vir die gemeentes sê.’+

Voetnote