Openbaring 20:1-15

20  En ek het ’n engel uit die hemel sien neerdaal met die sleutel van die afgrond+ en ’n groot ketting in sy hand.  En hy het die draak gegryp,+ die oorspronklike slang,+ wat die Duiwel+ en Satan is,+ en hom vir duisend jaar gebind.  En hy het hom in die afgrond geslinger+ en dit gesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou mislei totdat die duisend jaar geëindig het nie. Ná hierdie dinge moet hy vir ’n klein rukkie losgelaat word.+  En ek het trone gesien,+ en daar was dié wat daarop gaan sit het, en hulle is mag gegee om te oordeel.+ Ja, ek het die siele gesien van dié wat met die byl tereggestel is weens die getuienis wat hulle van Jesus afgelê het en omdat hulle oor God gepraat het, en dié wat nie die wilde dier+ of sy beeld aanbid het nie+ en wat nie die merk op hulle voorkop en op hulle hand ontvang het nie.+ En hulle het lewend geword en duisend jaar lank saam met die Christus as konings geheers.+  (Die res van die dooies+ het nie lewend geword totdat die duisend jaar geëindig het nie.)+ Dit is die eerste opstanding.+  Gelukkig+ en heilig+ is enigeen wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood+ geen gesag nie,+ maar hulle sal priesters+ van God en van die Christus wees en sal die duisend jaar lank saam met hom as konings heers.+  En sodra die duisend jaar geëindig het, sal Satan uit sy gevangenis losgelaat word,  en hy sal uitgaan om daardie nasies te mislei wat in die vier hoeke van die aarde is, Gog en Magog, om hulle vir die oorlog te versamel. Hulle getal is soos die sand van die see.+  En hulle het oor die breedte van die aarde opgetrek en die kamp van die heiliges+ en die geliefde stad+ omsingel. Maar vuur het uit die hemel neergedaal en hulle verteer.+ 10  En die Duiwel,+ wat hulle mislei het, is in die poel van vuur en swael geslinger, waar die wilde dier+ sowel as die valse profeet reeds was;+ en hulle sal dag en nag gepynig word vir ewig en altyd. 11  En ek het ’n groot wit troon gesien en die een wat daarop sit.+ Die aarde en die hemel het voor hom weggevlug,+ en geen plek is vir hulle gevind nie. 12  En ek het die dooies, groot en klein,+ voor die troon sien staan, en boekrolle is oopgemaak. Maar ’n ander boekrol is oopgemaak; dit is die boekrol van die lewe.+ En die dooies is geoordeel na dié dinge wat in die boekrolle geskrywe staan, volgens hulle dade.+ 13  En die see het die dooies daarin gegee,+ en die dood en Haʹdes het die dooies in hulle gegee, en elkeen van hulle is volgens hulle dade geoordeel.+ 14  En die dood+ en Haʹdes is in die poel van vuur geslinger. Dit beteken die tweede dood,+ die poel van vuur.+ 15  En as daar gevind is dat iemand nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie,+ is hy in die poel van vuur geslinger.+

Voetnote