Openbaring 21:1-27

21  En ek het ’n nuwe hemel+ en ’n nuwe aarde+ gesien; want die vorige hemel+ en die vorige aarde+ het verbygegaan, en die see+ is daar nie meer nie.  Ek het ook die heilige stad,+ Nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel+ sien neerdaal, toeberei soos ’n bruid+ wat vir haar man versier is.+  Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk! Die tent+ van God is by die mensdom, en hy sal by hulle woon,+ en hulle sal sy volke wees.+ En God self sal by hulle wees.+  En hy sal elke traan+ van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie,+ en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie.+ Die vorige dinge het verbygegaan.”+  En die Een wat op die troon sit,+ het gesê: “Kyk! Ek maak alles nuut.”+ Ook sê hy: “Skryf, want hierdie woorde is betroubaar en waaragtig.”  En hy het vir my gesê: “Dit het geskied! Ek is die Alfa en die Omeʹga, die begin en die einde.+ Aan elkeen wat dors is, sal ek uit die fontein van die water van die lewe gee, verniet.+  Elkeen wat oorwin, sal hierdie dinge beërf, en ek sal sy God wees+ en hy sal my seun wees.+  Maar wat die lafaards betref en dié sonder geloof+ en dié wat walglik is in hulle vuilheid+ en moordenaars+ en hoereerders+ en dié wat spiritisme beoefen en afgodedienaars+ en al die leuenaars,+ hulle deel sal wees in die poel wat met vuur+ en swael+ brand. Dit beteken die tweede dood.”+  En een van die sewe engele wat die sewe bakke gehad het wat vol was van die sewe laaste plae,+ het gekom, en hy het met my gepraat en gesê: “Kom hier, ek sal jou die bruid, die Lam se vrou,+ wys.” 10  Toe het hy my in die krag van die gees na ’n groot en hoë berg+ weggevoer, en hy het my die heilige stad+ Jerusalem gewys wat van God af uit die hemel neerdaal+ 11  en die heerlikheid van God het.+ Die glans daarvan was soos ’n baie kosbare steen, soos ’n jaspissteen wat kristalhelder blink.+ 12  Dit het ’n groot en hoë muur+ en twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name was daarop gegraveer, wat dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel is.+ 13  Aan die oostekant was drie poorte, en aan die noordekant drie poorte, en aan die suidekant drie poorte, en aan die westekant drie poorte.+ 14  Die muur van die stad het ook twaalf fondamentstene+ gehad en daarop die twaalf name van die twaalf apostels+ van die Lam. 15  En die een wat met my gepraat het, het ’n goue riet as meetstok+ gehad, sodat hy die stad en sy poorte en sy muur kon meet.+ 16  En die stad lê vierkantig, en sy lengte is so groot soos sy breedte. En hy het die stad met die riet gemeet,+ twaalfduisend stadie; sy lengte en breedte en hoogte is gelyk. 17  Ook het hy sy muur gemeet, honderd-vier-en-veertig el, volgens ’n mens se maat, terselfdertyd dié van ’n engel. 18  En die boustof van sy muur was jaspis,+ en die stad was suiwer goud soos helder glas. 19  Die fondamente+ van die stad se muur was versier met allerhande edelstene:+ die eerste fondament was jaspis,+ die tweede saffier,+ die derde kalsedoon, die vierde smarag,+ 20  die vyfde sardoʹniks, die sesde sardis, die sewende chrisoliet,+ die agtste berilʹ, die negende topaas,+ die tiende chrisopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis.+ 21  En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel gemaak.+ En die breë straat van die stad was suiwer goud, soos deursigtige glas. 22  En ek het nie ’n tempel daarin gesien nie,+ want Jehovah+ God, die Almagtige,+ is sy tempel,+ ook die Lam.+ 23  En die stad het nie die son en ook nie die maan nodig om daarop te skyn nie, want die heerlikheid van God het dit verlig,+ en sy lamp was die Lam.+ 24  En die nasies sal deur middel van die lig daarvan wandel,+ en die konings van die aarde sal hulle heerlikheid daarin bring.+ 25  En sy poorte sal bedags glad nie toegemaak word nie,+ want nag sal nie daar bestaan nie.+ 26  En hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.+ 27  Maar enigiets wat nie heilig is nie en enigeen wat iets walgliks+ en ’n leuen+ beoefen, sal daar hoegenaamd nie ingaan nie;+ net dié wat in die Lam se boekrol van die lewe geskrywe staan.+

Voetnote