Openbaring 22:1-21

22  En hy het my ’n rivier van water van die lewe+ gewys, helder soos kristal, wat uit die troon van God en van die Lam uitvloei,+  al in die middel van sy breë straat af. En aan weerskante van die rivier was daar bome+ van die lewe wat twaalf vrugteoeste voortbring, wat elke maand hulle vrugte oplewer.+ En die blare van die bome was vir die genesing van die nasies.+  En daar sal geen vervloeking meer wees nie.+ Maar die troon van God+ en van die Lam+ sal in die stad wees, en sy slawe sal heilige diens aan hom verrig;+  en hulle sal sy aangesig sien,+ en sy naam sal op hulle voorkoppe wees.+  En daar sal nie meer nag wees nie,+ en hulle het geen lamplig nodig nie, en ook het hulle nie sonlig nie, want Jehovah God sal hulle verlig,+ en hulle sal vir ewig en altyd as konings heers.+  En hy het vir my gesê: “Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig;+ ja, Jehovah, die God van die geïnspireerde uitinge+ van die profete,+ het sy engel uitgestuur om vir sy slawe die dinge te toon wat binnekort moet plaasvind.+  En kyk! ek kom gou.+ Gelukkig is elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boekrol bewaar.”+  Wel, ek, Johannes, was die een wat hierdie dinge gehoor en gesien het. En toe ek gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid+ voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.  Maar hy sê vir my: “Pas op! Moet dit nie doen nie! Ek is maar net ’n medeslaaf van jou en van jou broers wat profete+ is en van dié wat die woorde van hierdie boekrol bewaar. Aanbid God.”+ 10  Hy sê ook vir my: “Moenie die woorde van die profesie van hierdie boekrol verseël nie, want die vasgestelde tyd is naby.+ 11  Wie onreg doen, laat hom steeds onreg doen;+ en laat die vuile steeds vuil gemaak word;+ maar laat die regverdige+ steeds regverdigheid doen, en laat die heilige steeds heilig gemaak word.+ 12  “‘Kyk! Ek kom gou,+ en die loon+ wat ek gee, is by my, om elkeen volgens sy werk te vergeld.+ 13  Ek is die Alfa en die Omeʹga,+ die eerste en die laaste,+ die begin en die einde. 14  Gelukkig is dié wat hulle klere was,+ sodat hulle die reg kan hê om na die bome van die lewe+ te gaan en sodat hulle deur die poorte ingang tot die stad kan verkry.+ 15  Buite is die honde+ en dié wat spiritisme beoefen+ en die hoereerders+ en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat van ’n leuen hou en dit beoefen.’+ 16  “‘Ek, Jesus, het my engel gestuur om aan julle te getuig van hierdie dinge vir die gemeentes. Ek is die wortel+ en die nakomeling+ van Dawid, en die helder môrester.’”+ 17  En die gees+ en die bruid+ hou aan om te sê: “Kom!” En laat enigeen wat hoor, sê: “Kom!”+ En laat enigeen wat dors is, kom;+ laat enigeen wat wil, die water van die lewe neem, verniet.+ 18  “Ek getuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boekrol hoor: As iemand ’n byvoeging+ by hierdie dinge maak, sal God vir hom die plae+ byvoeg wat in hierdie boekrol geskrywe staan; 19  en as iemand enigiets van die woorde van die boekrol van hierdie profesie wegneem, sal God sy deel wegneem van die bome van die lewe+ en uit die heilige stad,+ dinge waarvan in hierdie boekrol geskrywe staan. 20  “Hy wat van hierdie dinge getuig, sê: ‘Ja; ek kom gou.’”+ “Amen! Kom, Here Jesus.” 21  Mag die onverdiende goedhartigheid van die Here Jesus Christus met die heiliges wees.+

Voetnote