Openbaring 3:1-22

3  “En skryf aan die engel+ van die gemeente in Sardis: Hierdie dinge sê hy wat die sewe geeste+ van God en die sewe sterre het:+ ‘Ek ken jou dade, dat jy die naam het dat jy lewend is, maar jy is dood.+  Word waaksaam,+ en versterk+ die oorblywende dinge wat op die punt was om te sterf, want ek het nie gevind dat jou dade ten volle voor my God verrig is nie.+  Onthou dan hoe jy ontvang+ en hoe jy gehoor het, en hou aan om dit te bewaar,+ en toon berou.+ Waarlik, tensy jy wakker word,+ sal ek soos ’n dief kom,+ en jy sal glad nie weet in watter uur ek op jou sal afkom nie.+  “‘Jy het nietemin ’n paar name+ in Sardis wat nie hulle boklere verontreinig het nie,+ en hulle sal in wittes saam met my wandel,+ omdat hulle dit waardig is.+  Hy wat oorwin,+ sal so geklee word in wit boklere;+ en ek sal sy naam hoegenaamd nie uit die boek van die lewe uitwis nie,+ maar ek sal sy naam voor my Vader+ en voor sy engele erken.+  Laat die een wat ’n oor het, hoor wat die gees+ vir die gemeentes sê.’  “En skryf aan die engel+ van die gemeente in Filadelʹfia: Hierdie dinge sê hy wat heilig is,+ wat waaragtig is,+ wat die sleutel van Dawid het,+ wat oopmaak sodat niemand sal sluit nie, en sluit sodat niemand oopmaak nie:  ‘Ek ken jou dade+—kyk! ek het ’n geopende deur voor jou gestel,+ wat niemand kan sluit nie—dat jy ’n bietjie krag het, en jy het my woord bewaar en my naam nie verloën nie.+  Kyk! Ek sal dié gee wat uit die sinagoge van Satan is, wat sê dat hulle Jode is,+ en dit tog nie is nie maar lieg+—kyk! ek sal hulle laat kom en voor jou voete hulde laat bewys+ en hulle laat weet dat ek jou liefgehad het. 10  Omdat jy die woord oor my volharding bewaar het,+ sal ek jou ook bewaar+ van die uur van beproewing, wat oor die hele bewoonde aarde gaan kom om dié wat op die aarde woon, op die proef te stel.+ 11  Ek kom gou.+ Hou vas wat jy het,+ sodat niemand jou kroon wegneem nie.+ 12  “‘Die een wat oorwin—ek sal hom ’n pilaar+ in die tempel+ van my God maak,+ en hy sal daar hoegenaamd nie meer uitgaan nie, en ek sal op hom die naam van my God skryf en die naam van die stad van my God, die nuwe Jerusalem,+ wat van my God af uit die hemel neerdaal, en my nuwe naam.+ 13  Laat die een wat ’n oor het, hoor wat die gees+ vir die gemeentes sê.’ 14  “En skryf aan die engel van die gemeente in Laodiseʹa:+ Hierdie dinge sê die Amen,+ die getroue+ en waaragtige+ getuie,+ die begin van die skepping deur God:+ 15  ‘Ek ken jou dade, dat jy nie koud of warm is nie. Ek wens jy was koud of anders warm. 16  Omdat jy dan nou lou is en nie warm+ of koud nie,+ gaan ek jou uit my mond uitbraak. 17  Omdat jy sê: “Ek is ryk+ en het rykdom verwerf en het hoegenaamd niks nodig nie”, maar jy nie weet dat jy ellendig en bejammerenswaardig en arm en blind+ en naak is nie, 18  raai ek jou aan om by my goud te koop+ wat deur vuur gelouter is, sodat jy ryk kan word, en wit boklere, sodat jy geklee kan word en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie,+ en oogsalf om in jou oë te smeer,+ sodat jy kan sien. 19  “‘Almal vir wie ek geneentheid het, wys ek tereg en dissiplineer ek.+ Wees dus ywerig en toon berou.+ 20  Kyk! Ek staan by die deur+ en klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak,+ sal ek in sy huis inkom en die aandmaal saam met hom eet, en hy saam met my. 21  Aan die een wat oorwin,+ sal ek gee om saam met my op my troon te sit,+ net soos ek oorwin het en saam met my Vader op sy troon+ gaan sit het.+ 22  Laat die een wat ’n oor het, hoor wat die gees+ vir die gemeentes sê.’”+

Voetnote