Openbaring 4:1-11

4  Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk! ’n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek gehoor het, was soos van ’n trompet+ en het met my gepraat en gesê: “Kom op hierheen,+ en ek sal jou die dinge toon wat moet plaasvind.”+  Ná hierdie dinge het ek onmiddellik onder die krag van die gees gekom: en kyk! daar het ’n troon+ in die hemel+ gestaan, en iemand sit op die troon.+  En hy wat daarop sit, is in sy voorkoms+ soos ’n jaspissteen+ en ’n kosbare rooikleurige steen, en rondom die troon is daar ’n reënboog+ wat in sy voorkoms soos ’n smarag is.+  En rondom die troon is daar vier-en-twintig trone, en op hierdie trone+ het ek vier-en-twintig+ ouderlinge+ sien sit, geklee in wit boklere+ en met goue krone+ op hulle koppe.  En uit die troon gaan daar weerligstrale+ en stemme en donderslae+ uit; en daar is sewe vuurlampe+ wat voor die troon brand, en hulle beteken die sewe geeste+ van God.  En voor die troon is daar as ’t ware ’n glasagtige see+ soos kristal. En in die middel van die troon en rondom die troon is daar vier lewende wesens+ wat van voor en van agter vol oë is.  En die eerste lewende wese is soos ’n leeu,+ en die tweede lewende wese is soos ’n jong bul,+ en die derde lewende wese+ het ’n gesig soos dié van ’n mens, en die vierde lewende wese+ is soos ’n vlieënde arend.+  En wat die vier lewende wesens betref,+ elkeen van hulle het onderskeidelik ses vlerke;+ rondom en aan die onderkant is hulle vol oë.+ En hulle het dag en nag geen rus nie terwyl hulle sê: “Heilig, heilig, heilig is Jehovah+ God, die Almagtige,+ wat was en wat is+ en wat kom.”  En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en dank gee+ aan die Een wat op die troon sit,+ die Een wat vir ewig en altyd lewe,+ 10  val die vier-en-twintig ouderlinge+ neer voor die Een wat op die troon sit en aanbid+ die Een wat vir ewig en altyd lewe, en hulle gooi hulle krone voor die troon en sê: 11  “U is waardig, Jehovah, ja, ons God, om die heerlikheid+ en die eer+ en die krag+ te ontvang, want u het alles geskep,+ en weens u wil+ het hulle bestaan en is hulle geskep.”+

Voetnote