Openbaring 5:1-14

5  En ek het in die regterhand van die Een wat op die troon sit,+ ’n boekrol gesien wat aan die binnekant en op die keersy beskrywe is+ en goed verseël is+ met sewe seëls.  En ek het ’n sterk engel gesien wat met ’n harde stem uitroep: “Wie is waardig om die boekrol oop te maak en sy seëls los te maak?”  Maar daar was niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde wat die boekrol kon oopmaak of daarin kon kyk nie.  En ek het baie gehuil omdat niemand waardig bevind is om die boekrol oop te maak of daarin te kyk nie.+  Maar een van die ouderlinge sê vir my: “Hou op huil. Kyk! Die Leeu wat uit die stam Juda is,+ die wortel+ van Dawid,+ het oorwin,+ sodat hy die boekrol en sy sewe seëls kan oopmaak.”  En ek het in die middel van die troon+ en van die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge+ ’n lam+ sien staan asof hy geslag is,+ met sewe horings en sewe oë, en dié oë beteken die sewe geeste+ van God wat in die hele aarde uitgestuur is.  En hy het gegaan en dit dadelik uit die regterhand geneem van die Een wat op die troon sit.+  En toe hy die boekrol neem, het die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge,+ elkeen met ’n harp+ en goue bakke vol reukwerk, voor die Lam neergeval, en die reukwerk+ beteken die gebede+ van die heiliges.  En hulle sing ’n nuwe lied+ en sê: “U is waardig om die boekrol te neem en sy seëls oop te maak, want u is geslag, en met u bloed+ het u mense uit elke stam en taal en volk en nasie vir God+ gekoop,+ 10  en u het hulle ’n koninkryk+ en priesters+ vir ons God gemaak,+ en hulle gaan as konings+ oor die aarde heers.” 11  En ek het gesien, en ek het ’n stem van baie engele rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge gehoor, en hulle getal was tienduisende van tienduisende+ en duisende van duisende,+ 12  en hulle het met ’n harde stem gesê: “Die Lam wat geslag is,+ is waardig om die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof te ontvang.”+ 13  En ek het elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde+ en op die see is, en alles wat in hulle is, hoor sê: “Aan die Een wat op die troon sit+ en aan die Lam+ die lof en die eer+ en die heerlikheid+ en die mag vir ewig en altyd.” 14  En die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” en die ouderlinge+ het neergeval en aanbid.+

Voetnote