Openbaring 6:1-17

6  En ek het gesien toe die Lam+ een van die sewe seëls oopmaak,+ en ek het een van die vier lewende wesens+ met ’n stem soos van ’n donderslag hoor sê: “Kom!”+  En ek het gesien, en kyk! ’n wit perd;+ en die een wat daarop sit,+ het ’n boog gehad;+ en ’n kroon is vir hom gegee,+ en hy het uitgegaan om te oorwin+ en om sy oorwinning te voltooi.+  En toe hy die tweede seël oopmaak, het ek die tweede lewende wese+ hoor sê: “Kom!”  En ’n ander een het te voorskyn gekom, ’n vuurkleurige perd; en aan die een wat daarop sit, is dit gegee om vrede van die aarde weg te neem sodat hulle mekaar sou doodmaak; en ’n groot swaard is vir hom gegee.+  En toe hy+ die derde seël oopmaak, het ek die derde lewende wese+ hoor sê: “Kom!” En ek het gesien, en kyk! ’n swart perd; en die een wat daarop sit, het ’n weegskaal+ in sy hand gehad.  En ek het ’n stem asof van tussen+ die vier lewende wesens+ hoor sê: “’n Liter koring vir ’n denaʹrius,+ en drie liter gars vir ’n denaʹrius; en moenie die olyfolie en die wyn beskadig nie.”+  En toe hy die vierde seël oopmaak, het ek die stem van die vierde lewende wese+ hoor sê: “Kom!”  En ek het gesien, en kyk! ’n vaal perd; en die een wat daarop sit, het die naam Dood gehad. En Haʹdes+ het kort agter hom gevolg. En hulle is gesag oor die vierde deel van die aarde gegee, om dood te maak met ’n lang swaard+ en met voedseltekorte+ en met dodelike plae en deur die wilde diere+ van die aarde.  En toe hy die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altaar+ die siele+ gesien van dié wat doodgemaak is+ weens die woord van God en weens die getuieniswerk+ wat hulle gehad het. 10  En hulle het met ’n harde stem uitgeroep en gesê: “Tot wanneer, Soewereine+ Heer, heilig en waaragtig,+ weerhou u u daarvan om te oordeel+ en ons bloed te wreek+ op dié wat op die aarde woon?” 11  En ’n wit+ kleed is vir elkeen van hulle gegee; en vir hulle is gesê om nog ’n klein rukkie te rus, totdat ook hulle medeslawe en hulle broers wat weldra net soos hulle ook doodgemaak gaan word,+ voltallig is. 12  En ek het gesien toe hy die sesde seël oopmaak, en ’n groot aardbewing het plaasgevind; en die son het swart geword soos saklinne+ van hare, en die hele maan het soos bloed+ geword, 13  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos wanneer ’n vyeboom wat deur ’n sterk wind geskud word, sy groen vye afgooi. 14  En die hemel het gewyk soos ’n boekrol wat opgerol word,+ en elke berg en elke eiland is uit hulle plekke verwyder.+ 15  En die konings van die aarde en die hooggeplaastes en die militêre bevelvoerders en die rykes en die sterkes en elke slaaf en elke vrye het in die grotte en in die rotse+ van die berge weggekruip. 16  En hulle hou aan om vir die berge en vir die rotse te sê: “Val op ons+ en verberg ons vir die aangesig van die Een wat op die troon sit+ en vir die gramskap van die Lam,+ 17  want die groot dag+ van hulle gramskap+ het gekom, en wie kan staan?”+

Voetnote