Openbaring 7:1-17

7  Hierna het ek op die vier hoeke van die aarde vier engele+ sien staan, wat die vier winde+ van die aarde styf vashou, sodat geen wind op die aarde of op die see of teen enige boom+ sou waai nie.  En ek het ’n ander engel van die sonsopgang af sien opkom,+ met ’n seël van die lewende God;+ en hy het met ’n harde stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig  en gesê: “Moenie die aarde of die see of die bome beskadig tot ná ons die slawe van ons God op hulle voorkoppe+ verseël het nie.”+  En ek het die getal gehoor van dié wat verseël is, honderd-vier-en-veertigduisend,+ verseël uit elke stam+ van die kinders van Israel:+  Uit die stam Juda+ twaalfduisend wat verseël is;uit die stam Ruben+ twaalfduisend;uit die stam Gad+ twaalfduisend;  uit die stam Aser+ twaalfduisend;uit die stam Nafʹtali+ twaalfduisend;uit die stam Manasʹse+ twaalfduisend;  uit die stam Siʹmeon+ twaalfduisend;uit die stam Levi+ twaalfduisend;uit die stam Isʹsaskar+ twaalfduisend;  uit die stam Seʹbulon+ twaalfduisend;uit die stam Josef+ twaalfduisend;uit die stam Benjamin+ twaalfduisend wat verseël is.+  Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk! ’n groot menigte,+ wat geen mens kon tel nie, uit alle nasies+ en stamme en volke+ en tale,+ wat voor die troon+ en voor die Lam staan, geklee in wit klere;+ en daar was palmtakke+ in hulle hande. 10  En hulle hou aan om met ’n harde stem te roep en te sê: “Redding is ons verskuldig aan ons God,+ wat op die troon sit,+ en aan die Lam.”+ 11  En al die engele+ het rondom die troon en die ouderlinge+ en die vier lewende wesens+ gestaan, en hulle het voor die troon op hulle gesig geval en God aanbid+ 12  en gesê: “Amen! Aan ons God die seën en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag+ en die sterkte vir ewig en altyd. Amen.”+ 13  Hierop het een van die ouderlinge+ vir my gesê: “Dié wat in die wit klere geklee is,+ wie is hulle en waar het hulle vandaan gekom?” 14  Toe het ek dadelik vir hom gesê: “My heer, ú weet.” En hy het vir my gesê: “Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom,+ en hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak+ in die bloed+ van die Lam. 15  Daarom is hulle voor+ die troon van God; en hulle verrig dag en nag heilige diens+ aan hom in sy tempel; en die Een wat op die troon sit,+ sal sy tent+ oor hulle uitsprei. 16  Hulle sal nie meer honger of dors wees nie, en ook sal die son nie op hulle neerbrand of enige verskroeiende hitte+ nie, 17  want die Lam,+ wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees+ en sal hulle na fonteine van waters+ van die lewe lei. En God sal elke traan van hulle oë afvee.”+

Voetnote