Openbaring 8:1-13

8  En toe hy+ die sewende seël oopmaak,+ het ’n stilte in die hemel gekom, omtrent ’n halfuur lank.  En ek het die sewe engele gesien+ wat voor God staan, en sewe trompette is vir hulle gegee.  En ’n ander engel het daar aangekom en by die altaar+ gaan staan met ’n goue reukwerkhouer; en ’n groot hoeveelheid reukwerk+ is vir hom gegee om dit saam met die gebede van al die heiliges op die goue altaar te offer wat voor die troon was.  En die rook van die reukwerk het saam met die gebede+ van die heiliges uit die hand van die engel opgestyg voor God.  Maar die engel het dadelik die reukwerkhouer geneem, en hy het dit met vuur+ van die altaar gevul en dit na die aarde geslinger.+ En daar het donderslae+ gekom en stemme en weerligstrale+ en ’n aardbewing.+  En die sewe engele met die sewe+ trompette+ het hulle gereedgemaak om daarop te blaas.  En die eerste het op sy trompet geblaas. En daar het hael en vuur+ gemeng met bloed gekom, en dit is na die aarde geslinger; en ’n derde van die aarde is verbrand,+ en ’n derde van die bome is verbrand, en al die groen plantegroei+ is verbrand.  En die tweede engel het op sy trompet geblaas. En iets soos ’n groot berg+ wat met vuur brand, is in die see+ geslinger. En ’n derde van die see het bloed geword;+  en ’n derde van die skepsele in die see wat ’n siel het, het gesterf,+ en ’n derde van die bote het vergaan. 10  En die derde engel het op sy trompet geblaas. En ’n groot ster wat soos ’n lamp brand, het uit die hemel geval,+ en dit het op ’n derde van die riviere en op die waterfonteine geval.+ 11  En die naam van die ster word genoem Als. En ’n derde van die waters het in als verander, en baie van die mense het van die waters gesterf, want dit is bitter gemaak.+ 12  En die vierde engel het op sy trompet geblaas. En ’n derde van die son en ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre is getref, sodat ’n derde van hulle verduister sou word+ en die dag vir ’n derde daarvan nie verlig sou word nie,+ en so ook die nag. 13  En ek het gesien, en ek het ’n arend+ wat in die middel van die hemel+ vlieg, met ’n harde stem hoor sê: “Wee, wee, wee+ dié wat op die aarde woon, weens die res van die trompetstote van die drie engele wat op die punt staan om op hulle trompette te blaas!”+

Voetnote