Prediker 1:1-18
1 Die woorde van die byeenbringer,+ die seun van Dawid, die koning in Jerusalem.+
2 “Die grootste nietigheid!”+ het die byeenbringer gesê, “die grootste nietigheid! Alles is nietigheid!”+
3 Watter voordeel is daar vir ’n mens in al sy harde werk waaraan hy hard werk+ onder die son?+
4 ’n Geslag gaan,+ en ’n geslag kom;+ maar die aarde bly tot onbepaalde tyd staan.+
5 En die son het ook stralend opgekom, en die son het ondergegaan,+ en hy kom hygend na sy plek waar hy stralend sal opkom.+
6 Die wind gaan na die suide, en hy sirkel om na die noorde.+ Hy sirkel voortdurend om en om,+ en die wind keer na sy sirkelgang+ terug.
7 Al die winterstrome+ gaan uit na die see;+ tog is die see nie vol nie.+ Na die plek waar die winterstrome uitgaan, daarheen keer hulle terug om uit te gaan.+
8 Alles is vermoeiend;+ niemand kan daarvan praat nie. Die oog kry nie genoeg van sien nie,+ en ook word die oor nie vol van hoor nie.+
9 Wat is, dit is wat sal wees;+ en wat gedoen is, dit is wat gedoen sal word; en daar is dus niks nuuts onder die son nie.+
10 Bestaan daar enigiets waarvan ’n mens kan sê: “Kyk hier; dit is nuut”? Dit het reeds ’n onbepaalde tyd bestaan;+ wat ontstaan het, is uit die tyd wat voor ons was.+
11 Daar is geen gedagtenis aan mense van vroeër tye nie, en ook sal daar nie wees aan dié wat later sal kom nie.+ Daar sal selfs aan hulle geen gedagtenis wees onder dié wat nog later sal kom nie.+
12 Ek, die byeenbringer, was koning oor Israel in Jerusalem.+
13 En ek het my hart daarop gerig om wysheid+ te soek en na te vors met betrekking tot alles wat onder die hemel gedoen is—die rampspoedige bedrywigheid wat God aan die mensekinders gegee het om hulle mee besig te hou.+
14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen is,+ en kyk! alles was nietigheid en ’n gejaag na wind.+
15 Wat krom gemaak is, kan nie reguit gemaak word nie,+ en wat ontbreek, kan onmoontlik getel word.
16 Ek, ja ek, het met my hart+ gepraat en gesê: “Kyk! Ek het grootliks toegeneem in wysheid, meer as enigiemand wat voor my in Jerusalem was,+ en my hart het baie wysheid en kennis gesien.”+
17 En ek het my hart daarop gerig om wysheid te ken en om waansin te ken,+ en ek het dwaasheid leer ken,+ dat ook dit ’n gejaag na wind is.+
18 Want in die oorvloed van wysheid is daar ’n oorvloed van ergernis,+ sodat hy wat kennis vermeerder, pyn vermeerder.+