Prediker 10:1-20

10  Dooie vlieë laat die olie van die salfmaker+ stink en borrel. Dit is wat ’n bietjie dwaasheid aan iemand doen wat kosbaar is weens wysheid en heerlikheid.+  Die hart van die wyse is aan sy regterhand,+ maar die hart van die sot aan sy linkerhand.+  En watter weg die dwaas ook bewandel,+ dit ontbreek hom aan ’n verstandige hart, en hy sê beslis vir almal dat hy dwaas is.+  As die gees van ’n heerser teen jou opkom, moet jy jou eie plek nie verlaat nie,+ want kalmte versag groot sondes.+  Daar is iets rampspoedigs wat ek onder die son gesien het, soos wanneer daar ’n fout+ weens die maghebber uitgaan:+  Dwaasheid is in talle hoë posisies geplaas,+ maar die rykes bly maar in ’n vernederde toestand.  Ek het knegte op perde gesien maar vorste wat soos knegte op die grond loop.+  Hy wat ’n put grawe, sal self daarin val;+ en hy wat deur ’n klipmuur breek, ’n slang sal hom byt.+  Hy wat klippe uitbreek, sal hom daarmee seermaak. Hy wat stompe kloof, sal versigtig moet wees daarmee.+ 10  As ’n ysterwerktuig stomp geword het en ’n mens sy snykant nie geslyp het nie,+ dan sal hy sy lewenskragtigheid inspan. So beteken dit voordeel as wysheid gebruik word om sukses te behaal.+ 11  As die slang byt wanneer geen beswering plaasvind nie,+ dan is daar geen voordeel vir die een wat aan die tong die vrye loop gee nie. 12  Die woorde uit die mond van die wyse beteken guns,+ maar die lippe van die sot verswelg hom.+ 13  Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid,+ en die uiteinde van sy mond is rampspoedige waansin. 14  En die dwaas spreek baie woorde.+ Die mens weet nie wat sal gebeur nie; en wie kan hom vertel wat ná hom sal wees?+ 15  Die harde werk van die sotte maak hulle moeg,+ omdat nie een te wete gekom het hoe om na die stad te gaan nie.+ 16  Hoe sal dit met jou gaan, o land, wanneer jou koning ’n seun is+ en jou vorste selfs in die oggend bly eet? 17  Gelukkig is jy, o land, wanneer jou koning die seun van edeles is en jou vorste op die regte tyd eet om hulle te versterk, nie bloot om te drink nie.+ 18  Deur groot luiheid sak die balkwerk in, en deur slapheid van die hande lek die huis.+ 19  Brood is vir die gelag van die werkers, en wyn maak die lewe vrolik;+ maar geld vind weerklank in alles.+ 20  Spreek selfs in jou slaapkamer nie ’n vloek oor die koning uit nie,+ en spreek in die binnekamers waar jy gaan lê, nie ’n vloek oor ’n ryke uit nie;+ want ’n voël van die hemel sal die geluid oordra, en iets wat vlerke het, sal die saak vertel.+

Voetnote