Prediker 11:1-10

11  Stuur jou brood uit+ op die oppervlak van die waters,+ want na verloop van baie dae sal jy dit weer vind.+  Gee ’n deel aan sewe, of selfs aan agt,+ want jy weet nie watter rampspoed op die aarde sal plaasvind nie.+  As die wolke vol water is, giet hulle ’n ware stortreën op die aarde uit;+ en as ’n boom na die suide of na die noorde val, op die plek waar die boom+ val, daar sal dit lê.  Hy wat die wind dophou, sal nie saad saai nie; en hy wat na die wolke kyk, sal nie oes nie.+  Net soos jy nie weet wat die weg is van die gees in die gebeente in die moederskoot van haar wat swanger is nie,+ net so ken jy nie die werk van die ware God wat alles doen nie.+  Saai jou saad in die oggend en laat jou hand tot die aand nie rus nie;+ want jy weet nie waar dit sukses sal behaal nie,+ hetsy hier of daar, en of hulle al twee ewe goed sal wees nie.  Die lig is ook soet, en dit is goed vir die oë om die son te sien;+  want as ’n mens baie jare lewe, moet hy hom in hulle almal verbly.+ En laat hy aan die dae van duisternis dink,+ hoewel hulle baie kan wees; elke dag wat gekom het, is nietigheid.+  Verbly jou,+ jong man, in jou jeug, en laat jou hart aan jou goed doen in die dae van jou jonkheid, en wandel in die weë van jou hart en in die dinge wat jou oë sien.+ Maar weet dat die ware God jou op grond van al hierdie dinge sal oordeel.+ 10  Verwyder dus kwelling uit jou hart, en hou rampspoed weg van jou vlees;+ want jeug en die bloei van die lewe is nietigheid.+

Voetnote