Prediker 12:1-14

12  Dink dan nou aan jou Grootse Skepper+ in die dae van jou jonkheid,+ voordat die rampspoedige dae kom,+ of die jare aangebreek het wanneer jy sal sê: “Ek het geen behae daarin nie”;+  voordat die son en die lig en die maan en die sterre donker word+ en die wolke teruggekeer het, daarna die stortreën;  die dag wanneer die bewakers van die huis+ bewe, en die lewenskragtige manne hulle gebuig het,+ en die vroue wat maal,+ opgehou werk het omdat hulle min geword het, en die vroue wat deur die vensters kyk,+ dit donker gevind het;  en die deure na die straat toegemaak is,+ wanneer die geluid van die meul dof word+ en ’n mens opstaan by die geluid van ’n voël en al die dogters van die lied dof klink.+  Ook het hulle bang geword bloot vir wat hoog is, en daar is verskrikkinge op die weg. En die amandelboom dra bloeisels,+ en die sprinkaan sleep hom voort, en die kapperbessie bars oop, want die mens gaan na sy langdurige huis,+ en die weeklaers het in die straat rondgegaan;+  voordat die silwerdraad verwyder en die goue bak verbrysel word+ en die kruik by die fontein gebreek word en die waterwiel vir die reënput verbrysel is.  Dan keer die stof terug na die aarde+ net soos dit was, en die gees+ keer terug na die ware God+ wat dit gegee het.+  “Die grootste nietigheid!” het die byeenbringer gesê,+ “Alles is nietigheid.”+  En benewens die feit dat die byeenbringer wys geword het,+ het hy ook die volk voortdurend kennis geleer,+ en hy het gepeins en ’n deeglike ondersoek ingestel,+ sodat hy baie spreuke in volgorde kon saamstel.+ 10  Die byeenbringer het gesoek om die welgevallige woorde te vind+ en korrekte woorde van waarheid neer te skryf.+ 11  Die woorde van die wyses is soos osprikkels,+ en soos ingeslane spykers+ is dié wat hulle aan versamelings van spreuke wy; hulle is deur een herder gegee.+ 12  Wat enigiets anders betref, my seun, wees gewaarsku: Aan die maak van baie boeke kom geen einde nie, en groot toewyding daaraan is vermoeiend vir die vlees.+ 13  Die slot van die saak, nadat alles gehoor is, is: Vrees die ware God+ en onderhou sy gebooie.+ Want dit is die hele verpligting van die mens. 14  Want die ware God sal elke soort werk oordeel met betrekking tot alles wat verborge is, of dit goed of sleg is.+

Voetnote