Prediker 2:1-26

2  Ek, ja ek, het in my hart gesê:+ “Kom tog nou, laat ek jou met blydskap+ op die proef stel. Sien ook die goeie.”+ En kyk! ook dit was nietigheid.  Ek het vir gelag gesê: “Waansin!”+ en vir blydskap:+ “Wat doen dit?”  Ek het met my hart nagevors deur my vlees selfs met wyn vrolik te maak,+ terwyl ek my hart met wysheid gelei het,+ ja, om dwaasheid vas te gryp totdat ek kon sien watter nut daar vir die mensekinders was in wat hulle gedurende die getal van hulle lewensdae+ onder die hemel gedoen het.  Ek het groter werke onderneem.+ Ek het vir my huise gebou;+ ek het vir my wingerde geplant.+  Ek het vir my tuine en parke aangelê,+ en ek het allerhande vrugtebome daarin geplant.  Ek het vir my damme gemaak+ om die bos, waarin bome opskiet, mee nat te lei.+  Ek het diensknegte en diensmeisies bekom,+ en ek het seuns van die huisgesin verkry.+ Ook het ek baie vee, beeste en kleinvee, verkry, meer as almal wat voor my in Jerusalem was.+  Ek het vir my ook silwer en goud versamel,+ en eiendom eie aan konings en die regsgebiede.+ Ek het vir my sangers en sangeresse aangeskaf+ en die verlustiginge+ van die mensekinders, ’n vrou, ja vroue.+  En ek het groter geword en meer toegeneem as enigiemand wat voor my in Jerusalem was.+ Ook het my wysheid myne gebly.+ 10  En niks wat my oë gevra het, het ek hulle ontsê nie.+ Ek het my hart nie teruggehou van enige soort blydskap nie, want my hart was vreugdevol weens al my harde werk,+ en dít het my deel geword van al my harde werk.+ 11  En ek, ja ek, het my gewend tot al my werke wat my hande verrig het en tot die harde werk waaraan ek hard gewerk het om dit tot stand te bring,+ en kyk! alles was nietigheid en ’n gejaag na wind,+ en daar was niks voordeligs onder die son nie.+ 12  En ek, ja ek, het my daartoe gewend om wysheid+ en waansin en dwaasheid+ te sien; want wat kan die mens doen wat ná die koning kom? Dít wat mense reeds gedoen het. 13  En ek het gesien, ja ek, dat daar meer voordeel in die wysheid bestaan as in die dwaasheid,+ net soos daar meer voordeel in die lig is as in die duisternis.+ 14  Wat die wyse betref, sy oë is in sy kop;+ maar die sot wandel voort in volslae duisternis.+ En ek het te wete gekom, ook ek, dat een uiteinde hulle almal tref.+ 15  En ek het in my hart gesê:+ “’n Uiteinde soos dié van die sot+ sal my, ja my, tref.”+ Waarom het ék dan destyds so uitermate wys geword?+ En ek het in my hart gesê: “Ook dit is nietigheid.” 16  Want tot onbepaalde tyd is daar aan die wyse net so min gedagtenis as aan die sot.+ In die dae wat nou al aanbreek, word almal beslis vergeet; en hoe sal die wyse sterf? Tesame met die sot.+ 17  En ek het die lewe gehaat,+ omdat die werk wat onder die son gedoen is, vanuit my standpunt rampspoedig was,+ want alles was nietigheid en ’n gejaag na wind.+ 18  En ek, ja ek, het al my harde werk gehaat waaraan ek hard gewerk het onder die son,+ wat ek sal agterlaat vir die mens wat ná my sal kom.+ 19  En wie weet of hy wys of dwaas sal wees?+ Tog sal hy die beheer oorneem oor al my harde werk waaraan ek hard gewerk het en waarin ek wysheid getoon het onder die son.+ Ook dit is nietigheid. 20  En ek het my daartoe gewend om my hart aan wanhoop oor te gee+ weens al die harde werk waaraan ek hard gewerk het onder die son. 21  Want daar is die mens wie se harde werk met wysheid en met kennis en met bedrewenheid gedoen is,+ maar sy deel sal aan ’n mens gegee word wat nie hard gewerk het aan so iets nie.+ Ook dit is nietigheid en groot rampspoed.+ 22  Want wat kry ’n mens vir al sy harde werk en vir die strewe van sy hart waarmee hy hard werk onder die son?+ 23  Want al sy dae beteken sy bedrywigheid pyne en ergernis;+ ook gedurende die nag gaan sy hart eenvoudig nie lê nie.+ Ook dit is blote nietigheid. 24  Vir ’n mens is daar niks beters nie as dat hy eet en inderdaad drink en sy siel die goeie laat sien weens sy harde werk.+ Ook dit het ek gesien, ja ek, dat dit uit die hand van die ware God is.+ 25  Want wie eet+ en wie drink beter as ek?+ 26  Want aan die mens wat goed is voor hom,+ het hy wysheid en kennis en blydskap gegee,+ maar aan die sondaar het hy die werk gegee om te versamel en bymekaar te bring om dit dan te gee aan die een wat goed is voor die ware God.+ Ook dit is nietigheid en ’n gejaag na wind.+

Voetnote