Prediker 3:1-22

3  Vir alles is daar ’n vasgestelde tyd,+ ja, ’n tyd vir elke aangeleentheid onder die hemel:  ’n tyd vir geboorte+ en ’n tyd om te sterf;+ ’n tyd om te plant en ’n tyd om uit te trek wat geplant is;+  ’n tyd om dood te maak+ en ’n tyd om gesond te maak;+ ’n tyd om af te breek en ’n tyd om te bou;+  ’n tyd om te huil+ en ’n tyd om te lag;+ ’n tyd om te weeklaag+ en ’n tyd om rond te huppel;+  ’n tyd om klippe weg te gooi+ en ’n tyd om klippe bymekaar te maak;+ ’n tyd om te omhels+ en ’n tyd om van omhelsing weg te bly;+  ’n tyd om te soek+ en ’n tyd om as verlore op te gee; ’n tyd om te hou en ’n tyd om weg te gooi;+  ’n tyd om uitmekaar te skeur+ en ’n tyd om aanmekaar te werk;+ ’n tyd om stil te bly+ en ’n tyd om te praat;+  ’n tyd om lief te hê en ’n tyd om te haat;+ ’n tyd vir oorlog+ en ’n tyd vir vrede.+  Watter voordeel is daar vir die werker in dit waaraan hy hard werk?+ 10  Ek het die bedrywigheid gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle mee besig te hou.+ 11  Alles het hy mooi gemaak op die tyd daarvoor.+ Selfs onbepaalde tyd het hy in hulle hart gesit,+ dat die mensdom nooit die werk wat die ware God gemaak het, van begin tot einde kan uitvind nie.+ 12  Ek het te wete gekom dat daar vir hulle niks beters is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe;+ 13  en ook dat elke mens eet en inderdaad drink en die goeie sien vir al sy harde werk.+ Dit is die gawe van God.+ 14  Ek het te wete gekom dat alles wat die ware God maak, tot onbepaalde tyd sal bestaan.+ Niks kan daarby gevoeg word en niks kan daarvan weggeneem word nie;+ maar die ware God het dit gemaak,+ sodat mense vir hom bang sal wees.+ 15  Wat is, was alreeds, en wat sal wees, was alreeds;+ en die ware God+ bly soek wat nagejaag word.+ 16  En verder het ek onder die son die plek van geregtigheid gesien, waar daar goddeloosheid was, en die plek van regverdigheid, waar daar goddeloosheid was.+ 17  Ek het in my hart gesê:+ “Die ware God sal die regverdige sowel as die goddelose oordeel,+ want daar is ’n tyd vir elke aangeleentheid en aangaande elke werk.”+ 18  Ek, ja ek, het in my hart met betrekking tot die mensekinders gesê dat die ware God hulle gaan uitsoek, sodat hulle kan sien dat hulle self diere is.+ 19  Want daar is ’n uiteinde vir die mensekinders en ’n uiteinde vir die diere, en hulle het dieselfde uiteinde.+ Soos die een sterf, so sterf die ander;+ en hulle almal het net een gees,+ sodat die mens geen voorrang bo die dier het nie, want alles is nietigheid. 20  Almal gaan na een plek.+ Hulle is almal uit die stof,+ en hulle keer almal na die stof terug.+ 21  Wie is daar wat die gees van die mensekinders ken, of dit opstyg boontoe; en die gees van die diere, of dit neerdaal ondertoe na die aarde?+ 22  En ek het gesien dat daar niks beters is nie as dat die mens hom in sy werke verbly,+ want dit is sy deel; want wie sal hom inbring om te aanskou wat ná hom sal wees?+

Voetnote