Prediker 4:1-16

4  En ek het teruggekeer sodat ek al die dade van onderdrukking+ kon sien wat onder die son gepleeg word, en kyk! die trane van die onderdruktes,+ maar hulle het geen vertrooster gehad nie;+ en aan die kant van hulle onderdrukkers was daar mag, sodat hulle geen vertrooster gehad het nie.  En ek het die dooies wat reeds gesterf het, gelukgewens eerder as die lewendes wat nog gelewe het.+  En die een wat nog nie in aansyn gekom het nie,+ wat nie die rampspoedige werk gesien het wat onder die son gedoen word nie,+ is dan beter daaraan toe as hulle albei.  En ek het al die harde werk en al die bedrewenheid in die werk gesien,+ dat dit die wedywering van die een teenoor die ander beteken;+ ook dit is nietigheid en ’n gejaag na die wind.  Die sot vou sy hande+ en eet sy eie vlees.+  ’n Hand vol rus is beter as ’n dubbele hand vol harde werk en ’n gejaag na die wind.+  En ek het teruggekeer sodat ek die nietigheid onder die son kon sien:  Daar bestaan een, maar nie ’n tweede nie;+ ook het hy geen seun of broer nie,+ maar daar is geen einde aan al sy harde werk nie. Ook kry sy oë nie genoeg van rykdom nie:+ “En vir wie werk ek hard en laat ek my siel dit aan goeie dinge ontbreek?”+ Ook dit is nietigheid, en dit is ’n rampspoedige bedrywigheid.+  Twee is beter as een,+ want hulle het ’n goeie beloning vir hulle harde werk.+ 10  Want as een van hulle val, kan die ander sy metgesel ophelp.+ Maar hoe sal dit wees met net die een wat val wanneer daar nie ’n ander is om hom op te help nie?+ 11  Wat meer is, as twee bymekaar lê, sal hulle ook beslis warm word; maar hoe kan net een warm bly?+ 12  En as iemand een alleen sou kon oorweldig, sou twee saam teen hom kon staande bly.+ En ’n driedubbele tou kan nie gou in twee gebreek word nie. 13  ’n Behoeftige maar wyse kind+ is beter as ’n ou maar dwase koning+ wat nie genoeg te wete gekom het om hom nog langer te laat waarsku nie.+ 14  Want hy het uit die gevangenis uitgegaan om koning te word,+ hoewel hy onder die koningskap van dié een as ’n arme gebore is.+ 15  Ek het al die lewendes gesien wat onder die son rondloop, hoe dit gaan met die kind, wat tweede is, wat in die ander se plek opstaan.+ 16  Daar is geen einde aan al die mense, aan almal voor wie hy hom bevind het nie;+ ook die mense daarna sal nie oor hom bly wees nie,+ want ook dit is nietigheid en ’n gejaag na die wind.+

Voetnote