Prediker 5:1-20

5  Gee ag op jou voete+ wanneer jy na die huis van die ware God gaan; en kom nader om te hoor,+ eerder as om ’n offerande te gee soos die sotte doen,+ want hulle is nie daarvan bewus dat hulle kwaad doen nie.+  Moenie haastig wees met jou mond nie; en wat jou hart betref,+ laat dit nie gou ’n woord voor die ware God uitbring nie.+ Want die ware God is in die hemel,+ maar jy is op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.+  Want ’n droom kom beslis weens ’n oorvloed van bedrywighede,+ en die stem van ’n sot weens die oorvloed van woorde.+  Wanneer jy ’n gelofte aan God doen, moet jy nie aarsel om dit te betaal nie,+ want daar is geen behae in die sotte nie.+ Wat jy plegtig belowe, moet jy betaal.+  Dit is beter dat jy nie plegtig belowe+ nie as dat jy plegtig belowe en nie betaal nie.+  Moenie toelaat dat jou mond jou vlees laat sondig nie,+ en moet ook nie voor die engel+ sê dat dit ’n fout was nie.+ Waarom moet die ware God verontwaardig raak oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?+  Want weens ’n oorvloed van bedrywighede is daar drome,+ en daar is nietighede en woorde in oorvloed. Maar vrees die ware God.+  As jy enige onderdrukking van die arme en die gewelddadige ontneming van reg+ en van regverdigheid in ’n regsgebied sien, moet jy nie verbaas wees oor die aangeleentheid nie,+ want iemand wat hoër is as die hoë,+ gee ag,+ en daar is dié wat hoog bo hulle is.  Ook is die voordeel van die aarde onder hulle almal;+ vir ’n saailand is die koning gedien.+ 10  Iemand wat silwer liefhet, sal nie genoeg kry van silwer nie, ook nie iemand wat rykdom liefhet, van inkomste nie.+ Ook dit is nietigheid.+ 11  Wanneer goeie dinge baie word, word dié wat dit eet, beslis baie.+ En watter voordeel is daar vir die grootse besitter daarvan, behalwe om met sy oë daarna te kyk?+ 12  Soet is die slaap+ van die een wat dien, of hy nou min of baie eet; maar die oorvloed wat aan die ryke behoort, laat hom nie toe om te slaap nie. 13  Daar is ernstige rampspoed wat ek onder die son gesien het: rykdom wat vir die grootse besitter daarvan bewaar word tot sy rampspoed.+ 14  En dié rykdom het vergaan+ weens ’n rampspoedige bedrywigheid, en hy het die vader van ’n seun geword terwyl daar hoegenaamd niks in sy hand is nie.+ 15  Net soos iemand uit sy moeder se skoot voortgekom het, sal hy naak weer weggaan,+ net soos hy gekom het; en hy kan hoegenaamd niks vir sy harde werk wegdra,+ wat hy met sy hand kan saamneem nie. 16  En ook dít is ernstige rampspoed: net soos iemand gekom het, so sal hy weggaan; en watter voordeel is daar vir die een wat hard bly werk vir die wind?+ 17  Ook eet hy al sy dae in die duisternis, met baie ergernis,+ met siekte vir hom en rede tot verontwaardiging. 18  Kyk! Die beste ding wat ek gesien het, wat mooi is, is dat iemand eet en drink en die goeie sien vir al sy harde werk+ waarmee hy hard werk onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat die ware God hom gegee het, want dit is sy deel. 19  Ook elke mens aan wie die ware God rykdom en materiële besittings gegee het,+ het hy in staat gestel om daarvan te eet+ en om sy deel weg te dra en om hom in sy harde werk te verbly.+ Dit is die gawe van God.+ 20  Want hy sal nie dikwels aan sy lewensdae dink nie, omdat die ware God hom besig hou met die blydskap van sy hart.+

Voetnote