Prediker 6:1-12

6  Daar is rampspoed wat ek onder die son gesien het, en dit kom dikwels onder die mensdom voor:  ’n man aan wie die ware God rykdom en materiële besittings en heerlikheid gee+ en wat vir sy siel geen gebrek het aan enigiets waarna hy ’n verlange toon nie,+ en tog stel die ware God hom nie in staat om daarvan te eet nie,+ hoewel ’n blote uitlander+ dit dalk eet. Dit is nietigheid en ’n kwaai siekte.  As ’n man honderd keer vader word+ en hy baie jare lewe, sodat die dae van sy jare talryk sou word,+ maar sy siel nie genoeg kry van goeie dinge nie+ en selfs die graf hom nie ten deel geval het nie,+ dan moet ek sê dat een wat te vroeg gebore is, beter daaraan toe is as hy.+  Want tevergeefs het dié een gekom, en in duisternis gaan hy weg, en met duisternis sal sy naam bedek word.+  Ook die son het hy nie gesien of geken nie.+ Dié een het meer rus as eersgenoemde.+  Gestel selfs dat hy al twee keer duisend jaar gelewe het en hy tog nie die goeie gesien het nie+—gaan almal nie na net een plek nie?+  Al die harde werk van die mensdom is vir hulle mond,+ maar selfs hulle siel word nie versadig nie.  Want watter voordeel het die wyse bo die sot?+ Wat baat dit die geteisterde dat hy weet hoe om voor die lewendes te wandel?  Die aanskouing met die oë is beter as die rondwandeling van die siel.+ Ook dit is nietigheid en ’n gejaag na die wind.+ 10  Wat is, die naam daarvan is reeds uitgespreek, en dit het bekend geword wat die mens is;+ en hy kan nie sy regsaak bepleit by iemand wat sterker is as hy nie.+ 11  Omdat daar baie dinge is wat groot nietigheid veroorsaak+—watter voordeel het ’n mens? 12  Want wie weet wat ’n mens in die lewe het+ wat goed is gedurende die getal dae van sy nietige lewe, wanneer hy hulle soos ’n skaduwee deurbring?+ Want wie kan vir die mens sê wat ná hom onder die son sal gebeur?+

Voetnote