Prediker 7:1-29

7  ’n Naam is beter as goeie olie,+ en die sterfdag as die dag dat iemand gebore word.+  Dit is beter om na die huis van rou te gaan as om na die huis van feesmaaltye te gaan,+ want dit is die einde van die hele mensdom; en die lewende moet dit ter harte neem.  Verdriet is beter as gelag,+ want deur die somberheid van die gesig word die hart beter.+  Die hart van die wyses is in die huis van rou,+ maar die hart van die sotte is in die huis van blydskap.+  Dit is beter om die bestrawwing van ’n wyse+ te hoor as om die man te wees wat die lied van die sotte hoor.+  Want soos die geluid van dorings onder die pot, so is die gelag van die sot;+ en ook dit is nietigheid.  Want verdrukking kan ’n wyse waansinnig laat optree,+ en ’n geskenk+ kan die hart te gronde rig.+  Die uiteinde van ’n saak is beter as sy begin.+ Iemand wat geduldig is, is beter as iemand wat hoogmoedig van gees is.+  Moenie haastig wees in jou gees om aanstoot te neem nie,+ want om aanstoot te neem, rus in die boesem van die sotte.+ 10  Moenie sê: “Waarom was die vroeëre dae beter as hierdie dae?” nie,+ want dit is nie uit wysheid+ dat jy hieroor gevra het nie. 11  Wysheid tesame met ’n erfdeel is goed en is voordelig vir dié wat die son sien.+ 12  Want wysheid dien as ’n beskerming+ net soos geld as ’n beskerming dien;+ maar die voordeel van kennis is dat wysheid die besitters daarvan in die lewe hou.+ 13  Aanskou die werk+ van die ware God, want wie kan reguit maak wat hy krom gemaak het?+ 14  Wees op ’n goeie dag vreugdevol,+ en sien op ’n rampspoedige dag dat die ware God ook die een net soos die ander gemaak het,+ sodat die mensdom hoegenaamd niks ná hulle sal ontdek nie.+ 15  Alles het ek gedurende my nietige dae gesien.+ Daar is die regverdige wat in sy regverdigheid omkom,+ en daar is die goddelose wat in sy slegtheid lank voortbestaan.+ 16  Moenie alte regverdig word nie,+ en moet jou ook nie uitermate wys voordoen nie.+ Waarom sou jy verwoesting oor jouself bring?+ 17  Moenie alte goddeloos wees nie,+ en moet ook nie dwaas word nie.+ Waarom sou jy sterf wanneer dit nie jou tyd is nie?+ 18  Dit is beter dat jy die een vasgryp, maar moet ook nie jou hand van die ander terugtrek nie;+ want hy wat God vrees, sal vry van dit alles uitgaan.+ 19  Wysheid is vir die wyse sterker as tien maghebbers wat hulle in ’n stad bevind het.+ 20  Want daar is geen mens regverdig op die aarde wat voortdurend goed doen en nie sondig nie.+ 21  Moet ook nie jou hart rig op al die woorde wat mense spreek nie,+ sodat jy nie hoor dat jou kneg ’n vloek oor jou uitspreek nie.+ 22  Want jou eie hart weet goed van baie kere dat jy, ja jy, ’n vloek oor ander uitgespreek het.+ 23  Dit alles het ek met wysheid op die proef gestel. Ek het gesê: “Ek sal wys word.” Maar dit was ver van my.+ 24  Wat is, is ver weg en uitermate diep. Wie kan dit uitvind?+ 25  Ek het my daartoe gewend, ja, my hart het,+ om wysheid+ en die rede vir dinge+ te wete te kom en na te vors en te soek, en om die goddeloosheid van sotheid en die dwaasheid van waansin te leer ken;+ 26  en ek het uitgevind: Bitterder as die dood+ het ek die vrou gevind wat self vangnette is en wie se hart sleepnette is en wie se hande boeie is.+ Iemand is goed voor die ware God as hy aan haar ontkom, maar hy sondig as hy deur haar gevang word.+ 27  “Kyk! Dit het ek gevind”, het die byeenbringer gesê,+ “deur die een ding na die ander te neem, om die slotsom te vind,+ 28  wat my siel voortdurend gesoek het, maar ek nie gevind het nie. Een man uit duisend het ek gevind,+ maar ’n vrou het ek onder hulle almal nie gevind nie.+ 29  Kyk! Net dít het ek gevind, dat die ware God die mensdom regskape gemaak het,+ maar hulle het baie planne bedink.”+

Voetnote