Prediker 8:1-17

8  Wie is soos die wyse?+ En wie ken die uitlegging van ’n saak?+ Die wysheid van ’n mens laat sy gesig straal, en selfs die strengheid van sy gesig word ten goede verander.+  Ek sê: “Kom die bevel van die koning na,+ en dit uit agting vir die eed van God.+  Moet jou nie haas sodat jy van hom af kan weggaan nie.+ Moenie in ’n slegte saak bly staan nie.+ Want alles wat dit hom behaag om te doen, sal hy doen,+  want die woord van die koning is die beherende mag;+ en wie kan vir hom sê: ‘Wat doen u?’”  Hy wat die gebod onderhou, sal niks rampspoedigs ervaar nie,+ en die wyse hart sal tyd sowel as oordeel ken.+  Want vir elke aangeleentheid is daar ’n tyd en oordeel,+ want die rampspoed van die mensdom is oorvloedig oor hulle.+  Want niemand weet wat sal gebeur nie,+ want wie kan vir hom vertel presies hoe dit sal gebeur?  Daar is geen mens wat mag het oor die gees om die gees teë te hou nie;+ ook is daar geen beherende mag op die dag van die dood nie;+ ook is daar geen vrystelling in die oorlog nie.+ En goddeloosheid sal geen ontkoming verskaf aan dié wat hulle daaraan oorgee nie.+  Dit alles het ek gesien, en ek het my hart gerig op elke werk wat onder die son gedoen is, gedurende die tyd dat die mens oor die mens geheers het tot sy nadeel.+ 10  Maar hoewel dit so is, het ek gesien hoe die goddeloses begrawe word,+ hoe hulle ingekom het en hoe hulle uit die heilige plek+ weggegaan het en vergeet is in die stad waar hulle so opgetree het.+ Ook dit is nietigheid. 11  Omdat die vonnis oor ’n slegte werk nie gou voltrek is nie,+ daarom is die hart van die mensekinders in hulle volkome daarop gerig om kwaad te doen.+ 12  Hoewel ’n sondaar miskien honderd keer kwaad doen+ en lank bly lewe soos dit hom behaag, weet ek nietemin ook dat dit goed sal afloop met dié wat die ware God vrees,+ omdat hulle hom gevrees het.+ 13  Maar dit sal glad nie goed afloop met die goddelose nie,+ en ook sal hy nie sy dae, wat soos ’n skaduwee is, verleng nie,+ omdat hy God nie vrees nie.+ 14  Daar is ’n nietigheid wat op die aarde uitgevoer word, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die werk van die goddeloses,+ en dat daar goddeloses is met wie dit gaan volgens die werk van die regverdiges.+ Ek het gesê dat ook dit nietigheid is. 15  En ek het blydskap geprys,+ omdat die mensdom niks beters onder die son het as om te eet en te drink en vrolik te wees nie, en dat dit hulle mag vergesel in hulle harde werk gedurende die dae van hulle lewe,+ wat die ware God hulle onder die son gegee het.+ 16  In ooreenstemming hiermee het ek my hart daarop gerig+ om wysheid te ken en om die bedrywigheid te sien wat op die aarde beoefen word,+ omdat daar iemand is wat geen slaap met sy oë sien nie, nie bedags of snags nie.+ 17  En ek het al die werk van die ware God gesien,+ hoe die mensdom nie die werk kan uitvind wat onder die son gedoen is nie;+ hoe die mensdom hulle ook al inspan om te soek, tog vind hulle dit nie uit nie.+ En al sou hulle ook sê dat hulle wys genoeg is om dit te weet,+ sal hulle dit nie kan uitvind nie.+

Voetnote