Prediker 9:1-18

9  Want ek het dit alles ter harte geneem, ja, om dit alles na te speur,+ dat die regverdiges en die wyses en hulle werke in die hand van die ware God is.+ Die mensdom weet nie van al die liefde of haat wat voor hulle was nie.+  Almal is dieselfde in wat almal het.+ Een uiteinde+ is daar vir die regverdige+ en die goddelose,+ die goeie en die reine en die onreine, en die een wat offerandes bring en die een wat nie offerandes bring nie. Die goeie is dieselfde as die sondaar;+ die een wat sweer, is dieselfde as iemand wat bang was vir ’n geswore eed.+  Dít is rampspoedig in alles wat onder die son gedoen is, dat die hart van die mensekinders, omdat daar een uiteinde vir almal is,+ ook vol slegtheid is;+ en daar is waansin+ in hulle hart gedurende hulle lewe, en daarna—na die dooies toe!+  Want met betrekking tot elkeen wat met al die lewendes verenig is, is daar vertroue, omdat ’n lewende hond+ beter daaraan toe is as ’n dooie leeu.+  Want die lewendes is daarvan bewus dat hulle sal sterf;+ maar wat die dooies betref, hulle is bewus van hoegenaamd niks,+ en ook het hulle geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis is vergeet.+  Ook hulle liefde en hulle haat en hulle jaloesie het reeds vergaan,+ en hulle het tot onbepaalde tyd geen deel meer aan enigiets wat onder die son gedoen moet word nie.+  Gaan, eet jou voedsel met blydskap en drink jou wyn met ’n goeie hart,+ want die ware God het reeds behae geskep in jou werke.+  Laat jou klere by elke geleentheid wit wees,+ en laat olie op jou kop nie ontbreek nie.+  Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet,+ al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou onder die son gegee het, al die dae van jou nietigheid, want dit is jou deel in die lewe+ en in jou harde werk waarmee jy hard werk onder die son. 10  Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag,+ want daar is geen werk of beplanning of kennis+ of wysheid+ in Sjeool,+ die plek waarheen jy gaan nie.+ 11  Ek het teruggekeer en onder die son gesien dat die vinniges nie die wedloop het nie+ en die sterkes ook nie die geveg nie,+ en dat die wyses ook nie die voedsel het nie+ en dié met begrip ook nie die rykdom nie,+ en dat selfs dié wat kennis het, nie die guns het nie;+ want tyd en onvoorsiene gebeurtenisse tref hulle almal.+ 12  Want die mens+ ken ook nie sy tyd nie.+ Soos visse wat in ’n bose net gevang word,+ en soos voëls wat in ’n valstrik gevang word,+ so word die mensekinders op ’n rampspoedige tyd verstrik,+ wanneer dit hulle skielik oorval.+ 13  Ook dít het ek met betrekking tot wysheid onder die son gesien—en dit was vir my groot: 14  Daar was ’n klein stad, en die manne daarin was min; en ’n groot koning het daarheen gekom, en hy het dit omsingel en groot vestings daarteen gebou.+ 15  En ’n behoeftige maar wyse man is daarin gevind, en dié het deur sy wysheid aan die stad ontkoming verskaf.+ Maar geen mens het dié behoeftige man onthou nie.+ 16  En ek het gesê: “Wysheid is beter as krag;+ tog word die wysheid van die behoeftige verag, en na sy woorde word daar nie geluister nie.”+ 17  Die kalm woorde van die wyses word eerder aangehoor+ as die geskreeu van iemand wat onder sotte heers.+ 18  Wysheid is beter as oorlogswapens, en net een sondaar kan baie goeie dinge tot niet maak.+

Voetnote