Psalm 10:1-18

ל [Laʹmed] 10  Waarom, o Jehovah, bly u ver weg staan?+Waarom hou u u verborge in tye van benoudheid?+   In sy hoogmoed vervolg die goddelose die geteisterde hewig;+Hulle word gevang deur die idees wat hulle uitgedink het.+   Want die goddelose het homself geprys oor die selfsugtige verlange van sy siel,+En die een wat onregverdige wins maak,+ het homself geseën;נ [Noen]Hy het Jehovah geminag.+   Die goddelose stel in sy verwaandheid geen ondersoek in nie;+Al sy idees is: “Daar is geen God nie.”+   Sy weë bly te alle tye voorspoedig.+U regterlike beslissings is in die hoogte, buite sy bereik;+Wat almal betref wat hom vyandiggesind is, hy verag hulle.+   Hy het in sy hart gesê: “Ek sal nie wankel nie;+Van geslag tot geslag sal ek iemand wees wat geen rampspoed ondervind nie.”+ פ [Peʼ]   Sy mond is vol vervloekinge en bedrieërye en onderdrukking.+Onder sy tong is moeilikheid en wat skadelik is.+   Hy sit in ’n hinderlaag teen nedersettings;Uit verborge plekke sal hy ’n onskuldige doodmaak.+ע [ʽAʹjin]Sy oë is op die uitkyk na ’n ongelukkige.+   Hy bly op die loer lê in die verborge plek soos ’n leeu in sy skuilplek.+Hy bly op die loer lê+ om die een of ander geteisterde met geweld weg te voer.Hy voer die geteisterde met geweld weg wanneer hy sy net toetrek.+ 10  Hy is verbrysel, hy buig hom neer,En die leër van terneergedruktes moet in sy sterk kloue val.+ 11  Hy het in sy hart gesê:+ “God het vergeet.+Hy het sy aangesig verberg.+Hy sal dit beslis nooit sien nie.”+ ק [Kof] 12  Staan tog op,+ o Jehovah. O God, hef u hand op.+Moenie die geteisterdes vergeet nie.+ 13  Waarom het die goddelose God geminag?+Hy het in sy hart gesê: “U sal geen rekenskap eis nie.”+ ר [Resj] 14  Want u het moeite en kwelling gesien.U bly toekyk, om dit in u hand te kry.+Aan u vertrou die ongelukkige,+ die vaderlose seun, homself toe.U het sy helper geword.+ ש [Sjin] 15  Verbreek die arm van die goddelose en slegte.+Mag u na sy goddeloosheid soek totdat u niks meer vind nie.+ 16  Jehovah is Koning tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+Die nasies het van sy aarde af vergaan.+ ת [Tau] 17  Die begeerte van die sagmoediges sal u beslis hoor,+ o Jehovah.U sal hulle hart voorberei.+U sal aandag skenk met u oor,+ 18  Om vir die vaderlose seun en die verbryselde reg te spreek,+Sodat die sterflike mens, wat van die aarde is, geen bewing meer sal veroorsaak nie.+

Voetnote