Psalm 101:1-8

Van Dawid. ’n Melodie. 101  Oor liefderyke goedhartigheid en reg sal ek sing.+U, o Jehovah, sal ek met melodieë besing.+   Ek sal op ’n onberispelike wyse oordeelkundig handel.+Wanneer sal u na my toe kom?+Ek sal in my huis in die onkreukbaarheid van my hart wandel.+   Ek sal geen waardelose ding voor my oë stel nie.+Die dade van die afvalliges het ek gehaat;+Dit kleef my nie aan nie.+   ’n Verdorwe hart wyk van my;+Ek ken niks slegs nie.+   Wie sy metgesel in die geheim belaster,+Hom bring ek tot swye.+Wie hoogmoedig van oë en trots van hart is,+Hom kan ek nie verdra nie.+   My oë is op die getroues van die aarde,+Sodat hulle by my kan woon.+Wie op ’n onberispelike wyse wandel,+Hy sal my dien.+   In my huis sal niemand woon wat bedrog pleeg nie.+Wat ’n leuenaar betref, hy sal nie stewig bevestig word+Voor my oë nie.+   Elke oggend sal ek al die goddeloses van die aarde tot swye bring,+Om almal wat skadelike dinge beoefen,+ uit die stad+ van Jehovah uit te roei.

Voetnote