Psalm 102:1-28

’n Gebed van die geteisterde as hy swak word en sy besorgdheid voor Jehovah uitstort.+ 102  O Jehovah, hoor tog my gebed;+En mag my hulpgeroep tot u kom.+   Moenie u aangesig vir my verberg op die dag dat ek in groot nood verkeer nie.+Neig u oor tot my;+Haas u, antwoord my, op die dag dat ek roep.+   Want my dae het tot ’n einde gekom net soos rook,+En my gebeente is rooiwarm gemaak net soos ’n vuurherd.+   My hart is getref net soos die plante en is verdor,+Want ek het vergeet om my voedsel te eet.+   Weens die geluid van my gesug+Het my gebeente aan my vlees gekleef.+   Ek is soos die pelikaan van die wildernis.+Ek het soos ’n steenuil van verwoeste plekke geword.   Ek is uitgeteer,En ek het soos ’n eensame voël op ’n dak geword.+   Die hele dag het my vyande my gesmaad.+Dié wat my vir die gek hou, het selfs by my gesweer.+   Want ek het as net soos brood geëet;+En wat ek drink, het ek met gehuil gemeng,+ 10  Weens u veroordeling en u verontwaardiging;+Want u het my opgehef, sodat u my kon wegwerp.+ 11  My dae is soos ’n skaduwee wat lank geword het,+En ek is verdor soos blote plante.+ 12  Wat u betref, o Jehovah, tot onbepaalde tyd sal u bly,+En u gedagtenis sal van geslag tot geslag wees.+ 13  U sal opstaan, u sal Sion barmhartig wees,+Want dit is die tyd om hom gunstiggesind te wees,Want die vasgestelde tyd het gekom.+ 14  Want u knegte het behae geskep in sy klippe,+En op sy stof rig hulle hulle guns.+ 15  En die nasies sal die naam van Jehovah vrees+En al die konings van die aarde u heerlikheid.+ 16  Want Jehovah sal Sion beslis opbou;+Hy sal in sy heerlikheid verskyn.+ 17  Hy sal hom beslis wend tot die gebed van dié wat alles ontneem is+En hulle gebed nie verag nie.+ 18  Dit word vir die toekomstige geslag opgeskryf;+En die volk wat geskep gaan word, sal Jah loof.+ 19  Want hy het uit sy heilige hoogte afgekyk,+Ja, uit die hemel het Jehovah na die aarde gekyk,+ 20  Om die gesug van die gevangene te hoor,+Om dié wat vir die dood bestem is, los te maak;+ 21  Sodat die naam van Jehovah in Sion bekend gemaak kan word+En sy lof in Jerusalem,+ 22  Wanneer die volke almal bymekaargebring word,+En die koninkryke, om Jehovah te dien.+ 23  Op die weg het hy my krag aangetas,+Hy het my dae verkort.+ 24  Ek het gesê: “O my God,Moet my nie in die helfte van my dae wegneem nie;+U jare is deur al die geslagte heen.+ 25  Lank gelede het u die fondamente van die aarde gelê,+En die hemele is die werk van u hande.+ 26  Hulle sal vergaan, maar u sal bly bestaan;+En net soos ’n kleed sal hulle almal verslyt.+Net soos klere sal u hulle vervang, en hulle beurt sal tot ’n einde kom.+ 27  Maar u is dieselfde, en u jare sal nie tot ’n einde kom nie.+ 28  Die kinders van u knegte sal in hulle woonplek bly;+En voor u sal hulle nageslag stewig gevestig word.”+

Voetnote