Psalm 103:1-22

Van Dawid. 103  Loof Jehovah, o my siel,+Ja, alles wat in my is, sy heilige naam.+   Loof Jehovah, o my siel,En moenie al sy dade vergeet nie,+   Hy wat al jou oortredings vergewe,+Wat al jou kwale genees,+   Wat jou lewe uit die kuil terugeis,+Wat jou met liefderyke goedhartigheid en barmhartighede kroon,+   Wat jou hele lewe met die goeie versadig;+Jou jeug word deurentyd vernuwe net soos dié van ’n arend.+   Jehovah volbring dade van regverdigheid+En regterlike beslissings vir almal wat te kort gedoen word.+   Hy het sy weë aan Moses bekend gemaak,+Sy handelinge ook aan die kinders van Israel.+   Jehovah is barmhartig en genadig,+Word nie gou toornig nie en is oorvloedig in liefderyke goedhartigheid.+   Hy sal nie vir altyd verwyt nie,+Ook sal hy nie tot onbepaalde tyd gebelg bly nie.+ 10  Hy het nie met ons gehandel volgens ons sondes nie;+Ook het hy nie volgens ons oortredings oor ons gebring wat ons verdien nie.+ 11  Want soos die hemel hoër is as die aarde,+Is sy liefderyke goedhartigheid groter teenoor dié wat hom vrees.+ 12  So ver as die sonsopgang verwyderd is van die sonsondergang,+So ver het hy ons oortredings van ons verwyder.+ 13  Soos ’n vader barmhartigheid aan sy kinders bewys,+Het Jehovah barmhartigheid bewys aan dié wat hom vrees.+ 14  Want hy weet goed hoe ons gevorm is,+Gedagtig dat ons stof is.+ 15  Wat die sterflike mens betref, sy dae is soos dié van groen gras;+Soos ’n bloeisel van die veld, so bloei hy.+ 16  Want net ’n wind hoef daaroor te gaan, en dit is nie meer nie;+En sy plek sal hom nie meer erken nie.+ 17  Maar die liefderyke goedhartigheid van Jehovah is van onbepaalde tyd, ja, tot onbepaalde tyd+Teenoor dié wat hom vrees,+En sy regverdigheid vir die kindskinders,+ 18  Teenoor dié wat sy verbond hou+En teenoor dié wat aan sy bevele dink om dit uit te voer.+ 19  Jehovah het sy troon stewig gevestig in die hemel;+En oor alles het sy koningskap heerskappy gevoer.+ 20  Loof Jehovah, o sy engele,+ magtig in krag, wat sy woord uitvoer,+Deur na die stem van sy woord te luister.+ 21  Loof Jehovah, al sy leërs,+Sy dienaars, wat sy wil doen.+ 22  Loof Jehovah, al sy werke,+Op al die plekke van sy heerskappy.+Loof Jehovah, o my siel.+

Voetnote