Psalm 104:1-35

104  Loof Jehovah, o my siel.+O Jehovah my God, u is baie groot.+Met waardigheid en prag het u u beklee,+   Deurdat u u met die lig omhul soos met ’n kleed,+Die hemel uitspan soos ’n tentdoek,+   Die Een wat sy bovertrekke met balke in die waters bou,+Wat die wolke sy wa maak,+Wat op die vleuels van die wind wandel,+   Wat sy engele geeste maak,+Sy dienaars ’n verterende vuur.+   Hy het die aarde op sy vaste plekke gegrondves;+Tot onbepaalde tyd of tot in ewigheid sal niks dit laat wankel nie.+   Met ’n waterdiepte net soos ’n kleed het u dit oordek.+Die waters het bo die berge gestaan.+   Weens u bestrawwing het hulle begin vlug;+By die geluid van u donder is hulle in paniek op die vlug gejaag—   Berge het opgerys,+Valleivlaktes het weggesak—Na die plek wat u vir hulle gegrondves het.   ’n Grens het u gestel, wat hulle nie mag oorskry nie,+Sodat hulle die aarde nie weer sou oordek nie.+ 10  Hy stuur fonteine in die stroomvalleie;+Tussen die berge bly hulle vloei. 11  Hulle laat al die wilde diere van die oop veld voortdurend drink;+Die sebras+ les gereeld hulle dors. 12  Bo hulle woon die voëls van die hemel;+Tussen die digte blare uit laat hulle aanhoudend hulle stem hoor.+ 13  Hy laat die berge uit sy bovertrekke drink.+Met die vrug van u werke word die aarde versadig.+ 14  Hy laat groen gras uitspruit vir die diere,+En plante tot nut van die mens,+Om voedsel uit die aarde te laat voortkom,+ 15  En wyn wat die hart van die sterflike mens vrolik maak,+Om die gesig te laat blink van olie,+En brood wat die hart van die sterflike mens versterk.+ 16  Die bome van Jehovah word versadig,Die seders van die Liʹbanon wat hy geplant het,+ 17  Waar die voëls nes maak.+Wat die ooievaar betref, die jenewerbome is sy huis.+ 18  Die hoë berge+ is vir die bergbokke;+Die kranse is ’n toevlug vir die klipdassies.+ 19  Hy het die maan vir vasgestelde tye gemaak;+Die son weet goed waar dit ondergaan.+ 20  U veroorsaak duisternis, sodat dit nag word;+Waarin al die wilde diere van die woud uitkom. 21  Die jong maanhaarleeus brul om prooi+En om hulle voedsel van God te soek.+ 22  Die son begin skyn+—hulle trek hulle terugEn gaan lê in hulle skuilplekke. 23  Die mens gaan uit na sy werk+En na sy diens tot die aand toe.+ 24  Hoe talryk is u werke, o Jehovah!+U het hulle almal in wysheid gemaak.+Die aarde is vol van wat u voortgebring het.+ 25  Wat hierdie see betref, so groot en wyd,+Daarin is bewegende dinge sonder tal,+Diere, klein sowel as groot.+ 26  Daar gaan die skepe;+Wat die Leviaʹtan+ betref, hom het u gevorm om daarin te speel.+ 27  Hulle almal—op u bly hulle wag+Om hulle hulle voedsel op die regte tyd te gee.+ 28  Wat u hulle gee, tel hulle op.+U maak u hand oop—hulle word versadig met goeie dinge.+ 29  As u u aangesig verberg, raak hulle ontsteld.+As u hulle gees wegneem, sterf hulle,+En hulle keer terug tot hulle stof.+ 30  As u u gees uitstuur, word hulle geskep;+En u vernuwe die gelaat van die aarde. 31  Die heerlikheid van Jehovah sal tot onbepaalde tyd wees.+Jehovah sal hom in sy werke verbly.+ 32  Hy kyk na die aarde, en dit bewe;+Hy raak aan die berge, en hulle rook.+ 33  Ek sal my hele lewe lank tot Jehovah sing;+Ek sal my God met melodieë besing solank ek daar is.+ 34  Laat my gepeins oor hom aangenaam wees.+Ek sal my in Jehovah verbly.+ 35  Die sondaars sal van die aarde af uitgewis word;+En wat die goddeloses betref, hulle sal daar nie meer wees nie.+Loof Jehovah, o my siel. LOOF Jah!+

Voetnote