Psalm 105:1-45

105  DANK Jehovah, roep sy naam aan,+Maak onder die volke sy handelinge bekend.+   Sing tot hom, besing hom met melodieë,+Oordink al sy wonderlike werke.+   ROEM in sy heilige naam.+Laat die hart van dié wat Jehovah soek, bly wees.+   Soek Jehovah en sy sterkte.+Soek voortdurend sy aangesig.+   Dink aan sy wonderlike werke wat hy verrig het,+Sy wonderwerke en die regterlike beslissings van sy mond,+   O saad van Abraham, sy kneg,+O kinders van Jakob, sy uitverkorenes.+   Hy is Jehovah ons God.+Sy regterlike beslissings is oor die hele aarde.+   Hy het aan sy verbond gedink, ja, tot onbepaalde tyd,+Die woord wat hy beveel het, tot in duisend geslagte,+   Die verbond wat hy met Abraham gesluit het,+En sy beëdigde verklaring aan Isak,+ 10  Die verklaring wat hy vir Jakob as ’n voorskrif in stand gehou het,Vir Israel as ’n verbond wat tot onbepaalde tyd duur,+ 11  Toe hy gesê het: “Aan jou sal ek die land Kanaän gee+As julle toegemete erfdeel.”+ 12  Dit was toe hulle min in getal was,+Ja, baie min, en inwonende vreemdelinge daarin.+ 13  En hulle het van nasie tot nasie bly rondtrek,+Van die een koninkryk na ’n ander volk.+ 14  Hy het geen mens toegelaat om hulle te kort te doen nie,+Maar ter wille van hulle het hy konings tereggewys,+ 15  Deur te sê: “MOENIE aan my gesalfdes raak nie,+En moet my profete geen kwaad aandoen nie.”+ 16  En hy het ’n hongersnood oor die land geroep;+Hy het elke staf verbreek waaraan ringvormige brode gehang is.+ 17  Hy het ’n man voor hulle uit gestuurWat as slaaf verkoop is, Josef.+ 18  Met boeie het hulle sy voete geknel,+In ysters het sy siel gekom;+ 19  Tot die tyd dat sy woord gekom het,+Het die woord van Jehovah hom gelouter.+ 20  Die koning het gestuur om hom vry te stel,+Die heerser van die volke, om hom los te laat. 21  Hy het hom as heer oor sy huis aangestel+En as heerser oor al sy eiendom,+ 22  Om sy vorste volgens die behae van sy siel te bind+En sodat hy selfs sy bejaarde manne wysheid sou leer.+ 23  En Israel het na Egipte gekom,+En Jakob het as ’n vreemdeling in die land van Gam gewoon.+ 24  En hy het sy volk baie vrugbaar bly maak+En hulle geleidelik magtiger laat word as hulle teenstanders.+ 25  Hy het hulle hart laat verander, om sy volk te haat,+Om listig teen sy knegte te handel.+ 26  Hy het Moses, sy kneg, gestuur,+Aäron, wat hy uitgekies het.+ 27  Hulle het die aangeleenthede van sy tekens onder hulle gestel,+En die wonderwerke in die land van Gam.+ 28  Hy het duisternis gestuur en dit so donker gemaak;+En hulle het nie teen sy woorde in opstand gekom nie.+ 29  Hy het hulle waters in bloed verander+En hulle visse gedood.+ 30  Hulle land het gewemel van paddas,+In die binnekamers van hulle konings. 31  Hy het gesê dat die steekvlieë moes kom,+Muggies in al hulle gebiede.+ 32  Hy het hulle stortreëns hael gemaak,+’n Vlammende vuur oor hulle land.+ 33  En hy het hulle wingerdstokke en hulle vyebome geslaanEn die bome van hulle gebied verbreek.+ 34  Hy het gesê dat die sprinkane moes kom,+En ’n sprinkaansoort, ja, sonder tal.+ 35  En hulle het al die plante in hulle land opgeëet;+Hulle het ook die vrugte van hulle grond opgeëet. 36  En hy het elke eersgeborene in hulle land getref,+Die begin van hulle volle voortplantingsvermoë.+ 37  En hy het hulle met silwer en goud begin uitlei;+En onder sy stamme was daar niemand wat struikelend voortbeweeg het nie. 38  Egipte het hom verbly toe hulle uittrek,Want vrees vir hulle het op hulle geval.+ 39  Hy het ’n wolk as dekkleed uitgesprei,+En vuur om snags lig te gee.+ 40  Hulle het gevra, en hy het kwartels gebring,+En met brood uit die hemel het hy hulle bly versadig.+ 41  Hy het ’n rots oopgemaak, en waters het begin uitvloei;+Dit het soos ’n rivier deur die waterlose streke geloop.+ 42  Want hy het gedink aan sy heilige woord aan sy kneg Abraham.+ 43  So het hy sy volk met verheuging uitgelei,+Sy uitverkorenes met vreugdegeroep.+ 44  En hy het die lande van die nasies geleidelik aan hulle gegee,+En hulle het die vrug van die harde werk van volksgroepe in besit bly neem,+ 45  Sodat hulle sy voorskrifte sou onderhou+En sy wette sou bewaar.+LOOF Jah!+

Voetnote