Psalm 106:1-48

106  LOOF Jah!+Dank Jehovah, want hy is goed;+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.+   Wie kan die magtige dade van Jehovah in woorde uitdruk+Of al sy lof laat hoor?+   Gelukkig is dié wat die reg bewaar,+Wat te alle tye regverdigheid beoefen.+   Dink aan my, o Jehovah, met die welwillendheid teenoor u volk.+Sorg vir my met u redding,+   Sodat ek die goedheid teenoor u uitverkorenes+ kan sien,Sodat ek bly kan wees met die blydskap van u nasie,+Sodat ek met u erfdeel kan roem.+   Ons het gesondig, net soos ons voorvaders;+Ons het verkeerd gedoen; ons het goddeloos gehandel.+   Wat ons voorvaders in Egipte betref,Hulle het geen insig in u wonderlike werke getoon nie.+Hulle het nie aan die oorvloed van u grootse liefderyke goedhartigheid gedink nie,+Maar hulle het hulle opstandig gedra by die see, by die Rooi See.+   En hy het hulle ter wille van sy naam gered,+Om sy mag bekend te maak.+   Toe het hy die Rooi See bestraf, en dit het geleidelik opgedroog;+En hy het hulle deur die waterdiepte laat gaan soos deur die wildernis;+ 10  En so het hy hulle uit die hand van die hater gered+En hulle uit die hand van die vyand teruggeëis.+ 11  En die waters het hulle teenstanders bedek;+Nie een van hulle het oorgebly nie.+ 12  Toe het hulle geloof in sy woord gehad;+Hulle het sy lof begin sing.+ 13  Gou het hulle sy werke vergeet;+Hulle het nie op sy raad gewag nie.+ 14  Maar hulle het hulle selfsugtige begeerte in die wildernis getoon+En God in die woestyn op die proef gestel.+ 15  En hy het hulle gegee wat hulle gevra het+En ’n uitterende siekte in hulle siel gestuur.+ 16  En hulle het in die kamp afgunstig geword op Moses,+Selfs op Aäron, die heilige van Jehovah.+ 17  Die aarde het toe oopgegaan en Datan ingesluk+En die vergadering van Abiʹram bedek.+ 18  En ’n vuur het onder hulle vergadering gebrand;+’n Vlam het die goddeloses verteer.+ 19  Verder het hulle ’n kalf in Horeb gemaak+En hulle voor ’n gegote beeld neergebuig,+ 20  Sodat hulle my heerlikheid verruil het+Vir ’n afbeelding van ’n bul, wat plante eet.+ 21  Hulle het God, hulle Redder, vergeet,+Wat groot dinge in Egipte gedoen het,+ 22  Wonderlike werke in die land van Gam,+Vreesinboesemende dinge by die Rooi See.+ 23  En hy het op die punt gestaan om te sê dat hulle verdelg moes word,+As Moses, sy uitverkorene, nie daar was nie,Wat voor hom in die gaping gestaan het+Om sy woede af te wend, sodat hy hulle nie sou vernietig nie.+ 24  En hulle het die begeerlike land verag;+Hulle het geen geloof in sy woord gehad nie.+ 25  En hulle het in hulle tente bly kla;+Hulle het nie na die stem van Jehovah geluister nie.+ 26  Toe het hy sy hand met betrekking tot hulle in ’n eed opgehef,+Dat hy hulle in die wildernis sou laat val,+ 27  En dat hy hulle nageslag onder die nasies sou laat val,+En dat hy hulle in die lande sou verstrooi.+ 28  En hulle het hulle aan Baäl van Peor begin verbind+En die offerandes van die lewelose dinge geëet.+ 29  Aangesien hulle deur hulle handelinge aanstoot gegee het,+Het ’n plaag toe onder hulle uitgebreek.+ 30  Toe Piʹnehas opgestaan en ingegryp het,+Is die plaag gestuit. 31  En dit is hom as regverdigheid toegerekenVan geslag tot geslag, tot onbepaalde tyd.+ 32  Verder het hulle by die waters van Meʹriba toorn verwek,+Sodat dit met Moses sleg gegaan het weens hulle.+ 33  Want hulle het sy gees verbitterd laat word,En hy het onbesonne met sy lippe begin praat.+ 34  Hulle het nie die volke verdelg+Soos Jehovah vir hulle gesê het nie.+ 35  En hulle het hulle met die nasies vermeng+En hulle werke geleer.+ 36  En hulle het hulle afgode bly dien,+En dié het vir hulle ’n strik geword.+ 37  En hulle het hulle seunsEn hulle dogters aan demone geoffer.+ 38  So het hulle onskuldige bloed bly vergiet,+Die bloed van hulle seuns en hulle dogters,Wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het;+En die land is met bloedvergieting besoedel.+ 39  En hulle het deur hulle werke onrein geword+En voortdurend onsedelike gemeenskap deur hulle handelinge gehad.+ 40  En die toorn van Jehovah het teen sy volk ontvlam,+En hy het sy erfdeel begin verfoei.+ 41  En hy het hulle herhaaldelik in die hand van die nasies gegee,+Sodat hulle haters oor hulle sou heers,+ 42  En sodat hulle vyande hulle sou onderdruk,En sodat hulle onder hulle hand onderwerp sou word.+ 43  Talle kere het hy hulle verlos,+Maar hulle het hulle opstandig gedra in hulle ongehoorsame weg,+En dan is hulle verlaag weens hulle oortreding.+ 44  En hy het hulle benoudheid gesien+Wanneer hy hulle smekende geroep gehoor het.+ 45  En dan het hy met betrekking tot hulle aan sy verbond gedink+En spyt gevoel ooreenkomstig die oorvloed van sy grootse liefderyke goedhartigheid.+ 46  En dan het hy hulle voorwerpe van medelye laat wordVoor almal wat hulle gevange hou.+ 47  Red ons, o Jehovah ons God,+En maak ons bymekaar uit die nasies+Om dank te bring aan u heilige naam,+Om met vreugde tot u lof te spreek.+ 48  Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word+Van onbepaalde tyd, ja, tot onbepaalde tyd;En die hele volk moet sê: Amen.+LOOF Jah!+

Voetnote