Psalm 107:1-43

(Psalm 107 – 150) 107  O DANK Jehovah, want hy is goed;+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.+   Só moet dié sê wat deur Jehovah teruggeëis is,+Wat hy uit die hand van die teenstander teruggeëis het,+   En wat hy selfs uit die lande bymekaargemaak het,+Van die sonsopgang en van die sonsondergang af,+Uit die noorde en uit die suide.+   Hulle het rondgedwaal in die wildernis,+ in die woestyn;+Hulle het geen pad gevind na ’n stad om in te woon nie.+   Hulle was honger, ook dors;+Hulle siel in hulle het begin versmag.+   En hulle het tot Jehovah bly roep in hulle benoudheid;+Uit hulle angste het hy hulle verlos+   En hulle op die regte pad laat wandel,+Sodat hulle by ’n stad kon kom om in te woon.+   Laat mense Jehovah dank vir sy liefderyke goedhartigheid+En vir sy wonderlike werke teenoor die mensekinders.+   Want hy het die uitgedroogde siel versadig;+En die honger siel het hy met goeie dinge gevul.+ 10  Daar was dié wat in duisternis en diep skaduwee gewoon het,+Gevangenes in ellende en ysters.+ 11  Want hulle het hulle opstandig gedra+ teen die woorde van God;+En die raad van die Allerhoogste het hulle geminag.+ 12  Daarom het hy hulle hart deur moeite onderwerp;+Hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.+ 13  En hulle het tot Jehovah om hulp begin roep in hulle benoudheid;+Uit hulle angste het hy hulle soos gewoonlik gered.+ 14  Hy het hulle uit duisternis en diep skaduwee uitgebring+En selfs hulle bande stukkend geskeur.+ 15  Laat mense Jehovah dank vir sy liefderyke goedhartigheid+En vir sy wonderlike werke teenoor die mensekinders.+ 16  Want hy het die koperdeure verbreek,+En hy het selfs die ystergrendels stukkend geslaan.+ 17  Dié wat dwaas was, weens die weg van hulle oortreding+En weens hulle ongeregtighede, het uiteindelik vir hulleself ellende veroorsaak.+ 18  Hulle siel het elke soort voedsel verfoei,+En hulle het by die poorte van die dood gekom.+ 19  En hulle het tot Jehovah om hulp begin roep in hulle benoudheid;+Uit hulle angste het hy hulle soos gewoonlik gered.+ 20  Hy het sy woord gestuur en hulle genees+En aan hulle ontkoming uit hulle kuile verskaf.+ 21  Laat mense Jehovah dank vir sy liefderyke goedhartigheid+En vir sy wonderlike werke teenoor die mensekinders.+ 22  En laat hulle dankoffers bring+En sy werke met vreugdegeroep bekend maak.+ 23  Dié wat na die see afgaan in die skepe,+Wat handel dryf op uitgestrekte waters,+ 24  Hulle het die werke van Jehovah gesien+En sy wonderlike werke in die dieptes;+ 25  Hoe hy die woord spreek en ’n stormwind laat opsteek,+Sodat dit die golwe daarvan ophef.+ 26  Hulle rys op na die hemel,Hulle daal af na die dieptes.Weens die rampspoed smelt hulle siel.+ 27  Hulle steier en waggel soos ’n dronk man,+En al hulle wysheid is verward.+ 28  En hulle begin tot Jehovah roep in hulle benoudheid,+En uit hulle angste lei hy hulle.+ 29  Hy bring die windstorm tot bedaring,+Sodat die golwe van die see stil word.+ 30  En hulle is bly omdat dit tot rus kom,En hy lei hulle na die hawe van hulle welbehae.+ 31  Laat mense Jehovah dank vir sy liefderyke goedhartigheid+En vir sy wonderlike werke teenoor die mensekinders.+ 32  En laat hulle hom in die gemeente van die volk verhef;+En laat hulle hom in die sitplek van die bejaarde manne loof.+ 33  Hy verander riviere in ’n wildernis,+En waterfonteine in ’n dorsland,+ 34  Vrugbare land in brak grond,+Weens die slegtheid van dié wat daarin woon. 35  Hy verander ’n wildernis in ’n waterpoel vol riete,+En die land van ’n waterlose streek in waterfonteine.+ 36  En daar laat hy dié woon wat honger is,+Sodat hulle ’n stad stig om in te woon.+ 37  En hulle besaai lande en plant wingerde,+Sodat dit vrugbare oeste sal oplewer.+ 38  En hy seën hulle sodat hulle talryk word;+En hy laat hulle beeste nie min word nie.+ 39  Weer word hulle min en gaan gebuk+Onder druk, rampspoed en droefheid.+ 40  Hy stort veragting oor edeles uit,+Sodat hy hulle in ’n barre plek laat ronddwaal, waar daar geen pad is nie.+ 41  Maar hy beskerm die arme teen ellende+En laat hom families word net soos ’n kudde.+ 42  Die regskapenes sien dit en is bly;+Maar wat alle onregverdigheid betref, dit moet sy mond sluit.+ 43  Wie is wys? Hy sal op hierdie dinge ag gee+En op Jehovah se dade van liefderyke goedhartigheid let.+

Voetnote