Psalm 108:1-13

’n Lied. ’n Melodie van Dawid. 108  My hart is standvastig, o God.+Ek sal sing en melodieë speel,+Ja, my heerlikheid sal.+   Word tog wakker, o snaarinstrument; ook jy, o harp.+Ek sal die dagbreek wakker maak.+   Ek sal u prys onder die volke, o Jehovah;+En ek sal u met melodieë besing onder die volksgroepe.+   Want u liefderyke goedhartigheid is groot tot aan die hemele,+En u waaragtigheid tot aan die hemelruim.+   O wees verhewe bo die hemele, o God;+En laat u heerlikheid bo die hele aarde wees.+   Sodat u geliefdes gered kan word+Red tog met u regterhand en antwoord my.+   God het in sy heiligheid gespreek:+“Ek sal my verheug, ek sal Sigem+ as ’n deel gee;+En die laagvlakte van Sukkot+ sal ek afmeet.   Giʹlead+ behoort aan my; Manasʹse+ behoort aan my;En Eʹfraim is die vesting van my hoofman;+Juda is my aanvoerderstaf.+   Moab+ is my waspot.+Op Edom+ sal ek my sandaal werp.+Oor Filisteʹa+ sal ek triomfantlik uitroep.”+ 10  Wie sal my na die versterkte stad bring?+Wie sal my tot by Edom lei?+ 11  Is dit nie u, o God, wat ons verstoot het+En wat nie saam met ons leërs uittrek as God nie?+ 12  Gee ons tog hulp uit benoudheid,+Want redding deur die mens is waardeloos.+ 13  Deur God sal ons lewenskragtigheid verkry,+En hy sal ons teenstanders vertrap.+

Voetnote