Psalm 109:1-31

Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie. 109  O God van my lof,+ moenie stilbly nie.+   Want die mond van die goddelose en die mond van bedrog het teen my oopgegaan.+Hulle het met ’n leuenagtige tong van my gepraat;+   En met woorde van haat het hulle my omring,+En hulle bly sonder oorsaak teen my veg.+   Vir my liefde bly hulle my teëstaan;+Maar van my kant is daar gebed.+   En hulle vergeld my kwaad vir goed+En haat vir my liefde.+   Stel ’n goddelose oor hom aan,En laat ’n teenstander+ aan sy regterhand bly staan.   Laat hom as ’n goddelose uitgaan wanneer hy geoordeel word;En laat sy gebed sonde word.+   Laat sy dae min wees;+Laat iemand anders sy opsienersamp neem.+   Laat sy seuns vaderlose seuns word+En sy vrou ’n weduwee.+ 10  En laat sy seuns vir seker ronddwaal;+En hulle sal bedel,En hulle sal vanuit hulle verlate plekke voedsel soek.+ 11  Laat die woekeraar valstrikke span vir alles wat hy het,+En laat vreemdelinge+ die vrug van sy geswoeg plunder.+ 12  Laat hom niemand hê wat liefderyke goedhartigheid bewys nie,+En laat daar niemand wees wat aan sy vaderlose seuns guns betoon nie. 13  Laat sy nageslag vir uitroeiing wees.+Laat hulle naam in die volgende geslag uitgewis word.+ 14  Laat die oortreding van sy voorvaders voor Jehovah in herinnering gebring word,+En die sonde van sy moeder+—laat dit nie uitgewis word nie.+ 15  Laat dit voortdurend voor Jehovah wees;+En laat hy die gedagtenis aan hulle van die aarde af uitroei;+ 16  Omdat hy nie daaraan gedink het om liefderyke goedhartigheid te bewys nie,+Maar die geteisterde en arme bly vervolg het,+En die terneergedrukte van hart, om hom dood te maak.+ 17  En hy het die vervloeking+ liefgehad, sodat dit oor hom gekom het;+En hy het nie behae geskep in die seën nie,+Sodat dit ver van hom af gebly het;+ 18  En hy is beklee met vervloeking as sy kleed.+Dit het dus soos waters in sy binneste gekom+En soos olie in sy gebeente. 19  Laat dit vir hom wees soos ’n kleed waarmee hy hom omhul+En soos ’n gordel wat hy om hom gegord hou.+ 20  Dít is die loon wat van Jehovah kom vir die een wat my teëstaan+En vir dié wat kwaad teen my siel spreek.+ 21  Maar u is Jehovah, die Soewereine+ Heer.Handel met my ter wille van u naam.+Omdat u liefderyke goedhartigheid goed is—verlos+ my. 22  Want ek is geteisterd en arm,+En my hart is deurboor in my.+ 23  Soos ’n skaduwee wanneer dit lank word, moet ek heengaan;+Ek is afgeskud soos ’n sprinkaan. 24  My knieë het geknak van die gevas,+En my vlees het maer geword, sonder enige olie.+ 25  En vir hulle het ek iets smadeliks geword.+Hulle sien my—hulle begin hulle kop skud.+ 26  Help my, o Jehovah my God;+Red my ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid.+ 27  En laat hulle weet dat dit u hand is;+Dat u, o Jehovah, dit gedoen het.+ 28  Laat húlle ’n vloek uitspreek.+Maar mag ú ’n seën uitspreek.+Hulle het opgestaan, maar laat hulle beskaamd word,+En laat u kneg bly wees.+ 29  Laat dié wat my teëstaan, met vernedering beklee word,+En laat hulle hulle met hulle skaamte omhul soos met ’n moulose oorkleed.+ 30  Ek sal Jehovah grootliks prys met my mond,+En onder baie mense sal ek hom loof.+ 31  Want hy sal aan die regterhand van die arme staan,+Om hom te red van dié wat sy siel oordeel.

Voetnote