Psalm 11:1-7

Vir die musiekleier. Van Dawid. 11  Tot Jehovah het ek my toevlug geneem.+Hoe durf julle vir my siel sê:“Vlug soos ’n voël na julle berg!+   Want kyk! die goddeloses span die boog,+Hulle sit hulle pyl op die boogsnaar reg,Om in die donker op die opregtes van hart te skiet.+   Wanneer selfs die fondamente afgebreek word,+Wat moet die regverdige dan doen?”   Jehovah is in sy heilige tempel.+Jehovah—in die hemel is sy troon.+Sy oë sien, sy stralende oë ondersoek+ die mensekinders.   Jehovah ondersoek die regverdige sowel as die goddelose,+En Sy siel haat beslis elkeen wat geweld liefhet.+   Hy sal valstrikke, vuur en swael+ op die goddeloses laat reën,En ’n verskroeiende wind, as die deel van hulle beker.+   Want Jehovah is regverdig;+ hy het regverdige dade lief.+Die regskapenes sal sy aangesig sien.+

Voetnote