Psalm 110:1-7

Van Dawid. ’n Melodie. 110  Jehovah het vir my Here gesê:+“Sit aan my regterhand+Totdat ek jou vyande ’n voetbank vir jou voete maak.”+   Die staf+ van u sterkte sal Jehovah uit Sion stuur+ en sê:“Gaan oorwin te midde van jou vyande.”+   U volk+ sal hulle gewillig aanbied+ op die dag van u krygsmag.+In die prag van heiligheid,+ uit die moederskoot van die dagbreek,Het u u geselskap van jong manne net soos doudruppels.+   Jehovah het gesweer+ (en hy sal nie spyt wees nie):+“Jy is ’n priester tot onbepaalde tyd+Volgens die wyse van Melgiseʹdek!”+   Jehovah aan u regterhand+Sal beslis konings verpletter op die dag van sy toorn.+   Hy sal oordeel voltrek onder die nasies;+Hy sal ’n oorvloed van lyke veroorsaak.+Hy sal beslis die een verpletter wat hoof is oor ’n volkryke land.+   Uit die stroomvallei sal hy op pad drink.+Daarom sal hy sy hoof hoog ophef.+

Voetnote