Psalm 111:1-10

111  LOOF Jah!+ א [ʼAʹlef]Ek sal Jehovah met my hele hart prys+ב [Bet]In die intieme groep+ van die regskapenes en die vergadering.+ ג [Giʹmel]   Die werke van Jehovah is groot,+ד [Daʹlet]Nagespeur deur almal wat daarin behae skep.+ ה [Heʼ]   Sy dade+ is waardigheid en prag,+ו [Wau]En sy regverdigheid hou vir ewig stand.+ ז [Saʹjin]   ’n Gedagtenis het hy vir sy wonderlike werke ingestel.+ ח [Get]Jehovah is genadig en barmhartig.+ ט [Tet]   Voedsel het hy gegee aan dié wat hom vrees.+ י [Jod]Tot onbepaalde tyd sal hy aan sy verbond dink.+ כ [Kaf]   Die krag van sy werke het hy aan sy volk bekend gemaak,+ל [Laʹmed]Deur hulle die erfdeel van die nasies te gee.+ מ [Mem]   Die werke van sy hande is waarheid en reg;+נ [Noen]Betroubaar is al die bevele wat hy gee,+ ס [Saʹmek]   Goed ondersteun vir ewig, tot onbepaalde tyd,+ע [ʽAʹjin]Uitgevoer in waarheid en opregtheid.+ פ [Peʼ]   Hy het verlossing aan sy volk gestuur.+צ [Sadeʹ]Tot onbepaalde tyd het hy sy verbond ingestel.+ק [Kof]Sy naam is heilig en vreesinboesemend.+ ר [Resj] 10  Die vrees van Jehovah is die begin van wysheid.+ ש [Sin]Almal wat dit uitvoer, het goeie insig.+ ת [Tau]Sy lof hou vir ewig stand.+

Voetnote