Psalm 112:1-10

112  LOOF Jah!+ א [ʼAʹlef]Gelukkig is die man wat Jehovah vrees,+ב [Bet]In wie se gebooie+ hy baie groot behae geskep het.+ ג [Giʹmel]   Sy nageslag sal magtig word op die aarde.+ ד [Daʹlet]Wat die geslag van die regskapenes betref, dit sal geseën word.+ ה [Heʼ]   Waardevolle dinge en rykdom is in sy huis;+ו [Wau]En sy regverdigheid hou vir ewig stand.+ ז [Saʹjin]   Hy het in die duisternis as ’n lig vir die regskapenes opgegaan.+ ח [Get]Hy is genadig en barmhartig en regverdig.+ ט [Tet]   Goed is die man wat genadig is+ en uitleen.+ י [Jod]Hy hou sy aangeleenthede met geregtigheid in stand.+ כ [Kaf]   Want hy sal nooit wankel nie.+ ל [Laʹmed]Die regverdige sal tot onbepaalde tyd in gedagtenis bly.+ מ [Mem]   Selfs vir slegte nuus sal hy nie bang wees nie.+ נ [Noen]Sy hart is standvastig,+ daartoe beweeg om op Jehovah te vertrou.+ ס [Saʹmek]   Sy hart is onwrikbaar;+ hy sal nie bang wees nie,+צ [ʽAʹjin]Totdat hy op sy teenstanders neersien.+ פ [Peʼ]   Hy het wyd en syd uitgedeel; hy het vir die armes gegee.+ צ [Sadeʹ]Sy regverdigheid hou vir ewig stand.+ ק [Kof]Sy horing sal met eer verhef word.+ ר [Resj] 10  Die goddelose sal dit sien en hom beslis vererg.+ ש [Sjin]Hy sal op sy tande kners en wegsmelt.+ ת [Tau]Die begeerte van die goddeloses sal vergaan.+

Voetnote