Psalm 114:1-8

114  Toe Israel uit Egipte uitgetrek het,+Die huis van Jakob weg van ’n volk wat onverstaanbaar praat,+   Het Juda sy heiligdom geword,+Israel sy grootse ryksgebied.+   Die see het dit gesien en gevlug;+Wat die Jordaan betref, dit het begin terugdraai.+   Die berge het soos ramme rondgehuppel,+Die heuwels soos lammers.   Wat was dit met jou, o see, dat jy gevlug het,+O Jordaan, dat jy begin terugdraai het?+   O berge, dat julle soos ramme rondgehuppel het;+O heuwels, soos lammers?+   Krimp ineen van pyn weens die Here, o aarde,+Weens die God van Jakob,   Wat die rots in ’n waterpoel vol riete verander,+’n Vuurkliprots in ’n waterfontein.+

Voetnote