Psalm 115:1-18

115  Aan ons behoort niks, o Jehovah, aan ons behoort niks,+Maar gee heerlikheid aan u naam+Ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid, ooreenkomstig u waaragtigheid.+   Waarom sou die nasies sê:+“Waar is hulle God dan nou?”+   Maar ons God is in die hemel;+Alles wat dit hom behaag het om te doen, het hy gedoen.+   Hulle afgode is silwer en goud,+Die handewerk van die mens.+   ’n Mond het hulle, maar hulle kan nie praat nie;+Oë het hulle, maar hulle kan nie sien nie;+   Ore het hulle, maar hulle kan nie hoor nie.+’n Neus het hulle, maar hulle kan nie ruik nie.+   Hande het hulle, maar hulle kan nie voel nie.+Voete het hulle, maar hulle kan nie loop nie;+Hulle uiter geen geluid met hulle keel nie.+   Dié wat hulle maak, sal net soos hulle word,+Almal wat op hulle vertrou.+   O Israel, vertrou op Jehovah;+Hy is hulle hulp en hulle skild.+ 10  O huis van Aäron, stel julle vertroue in Jehovah;+Hy is hulle hulp en hulle skild.+ 11  Julle wat Jehovah vrees, vertrou op Jehovah;+Hy is hulle hulp en hulle skild.+ 12  Jehovah het aan ons gedink; hy sal seën,+Hy sal die huis van Israel seën,+Hy sal die huis van Aäron seën.+ 13  Hy sal dié seën wat Jehovah vrees,+Klein sowel as groot.+ 14  Jehovah sal julle laat toeneem,+Julle en julle kinders.+ 15  Julle is die geseëndes van Jehovah,+Die Maker van hemel en aarde.+ 16  Wat die hemel betref, aan Jehovah behoort die hemel,+Maar die aarde het hy aan die mensekinders gegee.+ 17  Die dooies loof Jah nie,+Ook niemand wat in die stilte afdaal nie.+ 18  Maar ons sal Jah loof,+Van nou af en tot onbepaalde tyd.+LOOF Jah!+

Voetnote