Psalm 116:1-19

116  Ek het lief, want Jehovah hoor+My stem, my dringende versoeke.+   Want hy het sy oor tot my geneig,+En al my dae sal ek roep.+   Die toue van die dood het my omring+En die angswekkende omstandighede van Sjeool het my getref.+Benoudheid en droefheid het ek deurentyd gevind.+   Maar ek het die naam van Jehovah aangeroep:+“Ag, Jehovah, verskaf tog aan my siel ontkoming!”+   Jehovah is genadig en regverdig;+En ons God bewys barmhartigheid.+   Jehovah bewaar die onervarenes.+Ek het verarm, en hy het selfs my gered.+   Keer terug na jou rusplek, o my siel,+Want Jehovah het gepas opgetree teenoor jou.+   Want u het my siel van die dood gered,+My oog van trane, my voet van struikeling.+   Ek sal voor Jehovah wandel+ in die lande van die lewendes.+ 10  Ek het geloof gehad,+ want ek het gepraat.+Ek is grootliks geteister. 11  Ek het, toe ek paniekerig geraak het,+ gesê:“Elke mens is ’n leuenaar.”+ 12  Wat sal ek Jehovah vergoed+Vir al sy weldade aan my?+ 13  Die beker van grootse redding+ sal ek opneem,En die naam van Jehovah sal ek aanroep.+ 14  My geloftes sal ek aan Jehovah betaal,+Ja, voor sy hele volk. 15  Kosbaar in die oë van JehovahIs die dood van sy lojales.+ 16  Ag, o Jehovah,+Ek is u kneg.+Ek is u kneg, die seun van u slavin.+U het my bande losgemaak.+ 17  Aan u sal ek die dankoffer bring,+En die naam van Jehovah sal ek aanroep.+ 18  My geloftes sal ek aan Jehovah betaal,+Ja, voor sy hele volk,+ 19  In die voorhowe van die huis van Jehovah,+In jou, o Jerusalem.+LOOF Jah!+

Voetnote