Psalm 118:1-29

118  DANK Jehovah, want hy is goed;+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.+   Laat Israel nou sê:“Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.”+   Laat die huis van Aäron nou sê:+“Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.”+   Laat dié wat Jehovah vrees, nou sê:+“Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.”+   Uit die angswekkende omstandighede het ek Jah aangeroep;+Jah het geantwoord en my in ’n ruim plek gestel.+   Jehovah is aan my kant; ek sal nie vrees nie.+Wat kan die mens aan my doen?+   Jehovah is aan my kant onder dié wat my help,+Sodat ek sal neersien op my haters.+   Dit is beter om jou toevlug tot Jehovah te neem+As om op die mens te vertrou.+   Dit is beter om jou toevlug tot Jehovah te neem+As om op edeles te vertrou.+ 10  Al die nasies het my omsingel.+In die naam van Jehovah het ek hulle bly afweer.+ 11  Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel.+In die naam van Jehovah het ek hulle bly afweer. 12  Hulle het my omsingel soos bye;+Hulle is soos ’n doringbosvuur uitgeblus.+In die naam van Jehovah het ek hulle bly afweer.+ 13  Jy het my hard gestamp, sodat ek moes val,+Maar Jehovah het my gehelp.+ 14  Jah is my beskutting en my mag,+En vir my word hy redding.+ 15  Die stem van vreugdegeroep en redding+Is in die tente+ van die regverdiges.+ Die regterhand van Jehovah openbaar lewenskragtigheid.+ 16  Die regterhand van Jehovah verhef homself;+Die regterhand van Jehovah openbaar lewenskragtigheid.+ 17  Ek sal nie sterf nie, maar ek sal bly lewe,+Sodat ek die werke van Jah bekend kan maak.+ 18  Jah het my streng tereggewys,+Maar hy het my nie aan die dood oorgegee nie.+ 19  MAAK die poorte van regverdigheid vir my oop.+Ek sal daardeur ingaan; ek sal Jah prys.+ 20  Dit is die poort van Jehovah.+Die regverdiges sal daardeur ingaan.+ 21  Ek sal u prys, want u het my geantwoord+En u het my redding geword.+ 22  Die steen wat die bouers verwerp het,+Het die hoof van die hoek geword.+ 23  Jehovah het dit teweeggebring;+Dit is wonderbaar in ons oë.+ 24  Dit is die dag wat Jehovah gemaak het;+Ons sal daarop bly wees en ons verbly.+ 25  Ag, Jehovah, red tog asseblief!+Ag, Jehovah, skenk tog asseblief sukses!+ 26  Geseënd is Hy wat in die naam van Jehovah kom;+Ons het julle uit die huis van Jehovah geseën.+ 27  Jehovah is God,+En hy gee ons lig.+BIND die feesoptog+ met takke,+Tot by die horings van die altaar.+ 28  U is my God, en ek sal u prys;+My God—ek sal u verhef.+ 29  DANK Jehovah, want hy is goed;+Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.+

Voetnote