Psalm 119:1-176

א [ʼAʹlef] 119  Gelukkig is dié wat onberispelik is in hulle weg,+Dié wat in die wet van Jehovah wandel.+   Gelukkig is dié wat sy herinneringe onderhou;+Met hulle hele hart bly hulle hom soek.+   Waarlik, hulle het geen onregverdigheid beoefen nie.+In sy weë het hulle gewandel.+   U het u bevele op gebiedende wyse gegee+Sodat dit sorgvuldig onderhou moet word.+   Ag, was my weë maar stewig gevestig+Om u voorskrifte te onderhou!+   Dan sou ek nie beskaamd staan+Wanneer ek op al u gebooie let nie.+   Ek sal u in opregtheid van hart prys+Wanneer ek u regverdige regterlike beslissings leer.+   U voorskrifte onderhou ek deurentyd.+Moet my tog nie geheel en al verlaat nie.+ ב [Bet]   Hoe sal ’n jong man+ sy pad reinig?Deur op sy hoede te bly ooreenkomstig u woord.+ 10  Met my hele hart het ek u gesoek.+Moet my nie van u gebooie laat afdwaal nie.+ 11  In my hart het ek u woord as ’n skat bewaar,+Sodat ek nie teen u sal sondig nie.+ 12  Mag u geloof word, o Jehovah.Leer my u voorskrifte.+ 13  Met my lippe het ekAl die regterlike beslissings van u mond+ bekend gemaak.+ 14  In die weg van u herinneringe het ek my verheug,+Net soos oor alle ander waardevolle dinge.+ 15  U bevele sal ek oordink,+En ek sal op u paaie let.+ 16  Vir u insettinge sal ek ’n liefde toon.+Ek sal u woord nie vergeet nie.+ ג [Giʹmel] 17  Tree gepas teenoor u kneg op, sodat ek kan lewe+En sodat ek u woord kan onderhou.+ 18  Open my oë, sodat ekDie wonderlike dinge uit u wet+ kan sien.+ 19  Ek is net ’n inwonende vreemdeling in die land.+Moenie u gebooie vir my verberg nie.+ 20  My siel is verbryseld van verlange+Na u regterlike beslissings, altyddeur.+ 21  U het die vervloekte vermeteles bestraf+Wat van u gebooie afdwaal.+ 22  Rol smaad en veragting van my af,+Want ek het u herinneringe onderhou.+ 23  Selfs vorste het gesit; teen my het hulle onder mekaar gepraat.+Wat u kneg betref, hy oordink u voorskrifte.+ 24  Ook is ek lief vir u herinneringe,+As my raadsmanne.+ ד [Daʹlet] 25  My siel het aan die stof gekleef.+Hou my in die lewe volgens u woord.+ 26  Ek het my weë bekend gemaak, sodat u my kan antwoord.+Leer my u voorskrifte.+ 27  Laat my die weg van u bevele verstaan,+Sodat ek u wonderlike werke kan oordink.+ 28  My siel was slapeloos van droefheid.+Rig my op volgens u woord.+ 29  Verwyder die valse weg van my,+En begunstig my met u wet.+ 30  Die weg van getrouheid het ek gekies.+U regterlike beslissings het ek as gepas beskou.+ 31  Ek het u herinneringe aangekleef.+O Jehovah, moet my nie beskaamd maak nie.+ 32  Ek sal op die weg van u gebooie wandel,+Want u verruim my hart.+ ה [Heʼ] 33  Onderrig my, o Jehovah, in die weg van u voorskrifte,+Sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.+ 34  Laat my verstaan, sodat ek u wet kan bewaar+En sodat ek dit met my hele hart kan onderhou.+ 35  Laat my op die pad van u gebooie wandel,+Want daarin het ek behae geskep.+ 36  Neig my hart tot u herinneringe+En nie tot gewin nie.+ 37  Wend my oë af, sodat hulle niks sien wat waardeloos is nie;+Hou my in die lewe op u weg.+ 38  Kom teenoor u kneg u woord na+Wat tot die vrees vir u lei.+ 39  Laat my smaad verbygaan, waarvoor ek bang was,+Want u regterlike beslissings is goed.+ 40  Kyk! Ek het na u bevele verlang.+Hou my in die lewe in u regverdigheid.+ ו [Wau] 41  En laat u liefderyke goedhartighede oor my kom, o Jehovah,+U redding volgens u woord,+ 42  Sodat ek die een wat my smaad, met ’n woord kan antwoord,+Want ek het op u woord vertrou.+ 43  En moenie die woord van waarheid heeltemal uit my mond wegneem nie,+Want ek het op u regterlike beslissing gewag.+ 44  En ek sal u wet voortdurend onderhou,+Tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+ 45  En ek sal in ’n ruim plek rondloop,+Want ek het u bevele gesoek.+ 46  Ek sal ook voor konings oor u herinneringe praat,+En ek sal my nie skaam nie.+ 47  En ek sal ’n liefde toon vir u gebooie+Wat ek liefgehad het.+ 48  En ek sal my palms ophef na u gebooie wat ek liefgehad het,+En ek sal u voorskrifte oordink.+ ז [Saʹjin] 49  Dink aan die woord aan u kneg,+Waarop u my laat wag het.+ 50  Dit is my vertroosting in my ellende,+Want u woord het my in die lewe gehou.+ 51  Die vermeteles het my tot die uiterste bespot.+Van u wet het ek nie afgewyk nie.+ 52  Ek het gedink aan u regterlike beslissings wat van onbepaalde tyd af is, o Jehovah,+En ek vind vertroosting.+ 53  ’n Toorngloed het my aangegryp weens die goddeloses+Wat u wet verlaat.+ 54  U voorskrifte het vir my melodieë geword+In die huis van my vreemdelingskap.+ 55  In die nag het ek aan u naam gedink, o Jehovah,+Sodat ek u wet kan onderhou.+ 56  Selfs dit het my deel geword,Omdat ek u bevele bewaar het.+ ח [Get] 57  Jehovah is my deel;+Ek het beloof om u woorde te onderhou.+ 58  Ek het u aangesig met my hele hart versag.+Betoon guns aan my volgens u woord.+ 59  Ek het my weë oordink,+Sodat ek my voete kan laat terugkeer na u herinneringe.+ 60  Ek het my gehaas, en ek het nie getalm+Om u gebooie te onderhou nie.+ 61  Die toue van die goddeloses het my omsluit.+U wet het ek nie vergeet nie.+ 62  Om middernag staan ek op om u te dank+Vir u regverdige regterlike beslissings.+ 63  Ek is ’n metgesel van almal wat u vrees,+En van dié wat u bevele onderhou.+ 64  U liefderyke goedhartigheid, o Jehovah, het die aarde gevul.+Leer my u voorskrifte.+ ט [Tet] 65  U het inderdaad goed gehandel met u kneg,+O Jehovah, volgens u woord.+ 66  Leer my goedheid,+ verstandigheid+ en kennis,+Want in u gebooie het ek geloof beoefen.+ 67  Voordat ek in ellende verkeer het, het ek onopsetlik gesondig,+Maar nou onderhou ek u woord.+ 68  U is goed en doen goed.+Leer my u voorskrifte.+ 69  Die vermeteles het my met leuens beswadder.+Wat my betref, met my hele hart sal ek u bevele bewaar.+ 70  Hulle hart het ongevoelig geword net soos vet.+Wat my betref, ek was lief vir u wet.+ 71  Dit is goed vir my dat ek geteister is,+Sodat ek u voorskrifte kon leer.+ 72  Die wet+ van u mond is goed vir my,+Beter as duisende stukke goud en silwer.+ י [Jod] 73  U hande het my gemaak, en hulle het vastigheid aan my verleen.+Laat my verstaan, sodat ek u gebooie kan leer.+ 74  Dié wat u vrees, sien my en is bly,+Want ek het op u woord gewag.+ 75  Ek weet goed, o Jehovah, dat u regterlike beslissings regverdigheid is+En dat u my in getrouheid geteister het.+ 76  Laat u liefderyke goedhartigheid asseblief wees om my te vertroos,+Volgens u woord aan u kneg.+ 77  Laat u barmhartighede oor my kom, sodat ek kan bly lewe;+Want vir u wet is ek lief.+ 78  Laat die vermeteles beskaamd staan, want hulle het my sonder oorsaak mislei.+Wat my betref, ek oordink u bevele.+ 79  Laat dié wat u vrees, na my terugkeer,+Ook dié wat u herinneringe ken.+ 80  Laat my hart onberispelik wees in u voorskrifte,+Sodat ek nie beskaamd staan nie.+ כ [Kaf] 81  Na u redding het my siel gesmag;+Op u woord het ek gewag.+ 82  My oë het gesmag na u woord,+Terwyl ek sê: “Wanneer sal u my vertroos?”+ 83  Want ek het geword soos ’n leersak+ in die rook.U voorskrifte het ek nie vergeet nie.+ 84  Hoeveel is die dae van u kneg?+Wanneer sal u oordeel aan my vervolgers voltrek?+ 85  Die vermeteles het valkuile gegrawe om my te vang,+Dié wat nie in ooreenstemming met u wet is nie.+ 86  Al u gebooie is getrouheid.+Sonder oorsaak het hulle my vervolg. Help my tog.+ 87  Nog net ’n klein rukkie en hulle sou my op die aarde uitgeroei het;+Maar ek het u bevele nie verlaat nie.+ 88  Hou my in die lewe ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid,+Sodat ek die herinnering van u mond kan onderhou.+ ל [Laʹmed] 89  Tot onbepaalde tyd, o Jehovah,+Staan u woord vas in die hemel.+ 90  U getrouheid is van geslag tot geslag.+U het die aarde stewig gevestig, sodat dit kan bly staan.+ 91  Volgens u regterlike beslissings het hulle tot vandag toe bly staan,+Want hulle is almal u knegte.+ 92  As ek nie vir u wet lief was nie,+Dan sou ek in my ellende omgekom het.+ 93  Tot onbepaalde tyd sal ek u bevele nie vergeet nie,+Want daardeur het u my in die lewe gehou.+ 94  Ek behoort aan u. Red my tog,+Want ek het u bevele gesoek.+ 95  Vir my het die goddeloses gewag, om my dood te maak.+Ek gee deurentyd ag op u herinneringe.+ 96  Aan alle volmaaktheid het ek ’n einde gesien.+U gebod is baie omvattend. מ [Mem] 97  Hoe lief het ek u wet tog!+Die hele dag oordink ek dit.+ 98  U gebod maak my wyser as my vyande,+Want dit is tot onbepaalde tyd myne.+ 99  Ek het meer insig as al my onderrigters verkry,+Omdat ek u herinneringe oordink.+ 100  Ek tree verstandiger op as ouer manne,+Omdat ek u bevele bewaar het.+ 101  Van elke slegte pad het ek my voete teruggehou,+Sodat ek u woord kan onderhou.+ 102  Van u regterlike beslissings het ek nie afgewyk nie,+Want u het my onderrig.+ 103  Hoe glad vir my verhemelte was u woorde,Gladder as heuning vir my mond!+ 104  Danksy u bevele tree ek verstandig op.+Daarom het ek elke valse pad gehaat.+ נ [Noen] 105  U woord is ’n lamp vir my voet+En ’n lig vir my pad.+ 106  Ek het ’n beëdigde verklaring afgelê, en ek sal dit nakom,+Om u regverdige regterlike beslissings te onderhou.+ 107  Ek is in groot mate geteister.+O Jehovah, hou my in die lewe volgens u woord.+ 108  Skep asseblief behae in die vrywillige gawes van my mond, o Jehovah,+En leer my u regterlike beslissings.+ 109  My siel is voortdurend in my palm;+Maar u wet het ek nie vergeet nie.+ 110  Die goddeloses het vir my ’n valstrik gespan,+Maar van u bevele het ek nie afgedwaal nie.+ 111  Ek het u herinneringe tot onbepaalde tyd my eie gemaak,+Want hulle is die vreugde van my hart.+ 112  Ek het my hart geneig om u voorskrifte uit te voer,+Tot onbepaalde tyd, tot die einde toe.+ ס [Saʹmek] 113  Die halfhartiges het ek gehaat,+Maar u wet het ek liefgehad.+ 114  U is my skuilplek en my skild.+Op u woord het ek gewag.+ 115  Gaan weg van my, julle kwaaddoeners,+Sodat ek die gebooie van my God kan bewaar.+ 116  Ondersteun my volgens u woord, sodat ek kan bly lewe,+En moet my nie beskaamd maak weens my hoop nie.+ 117  Onderskraag my, sodat ek gered kan word,+En ek sal my blik voortdurend op u voorskrifte gerig hou.+ 118  U het almal weggewerp wat van u voorskrifte afdwaal;+Want hulle bedrieglikheid is leuens.+ 119  Soos metaalskuim het u ’n einde gemaak aan al die goddeloses van die aarde.+Daarom het ek u herinneringe liefgehad.+ 120  Die vrees vir u het my vlees laat kriewel;+En weens u regterlike beslissings was ek bang.+ צ [ʽAʹjin] 121  Ek het reg en regverdigheid uitgeoefen.+Moet my tog nie oorlewer aan dié wat my te kort doen nie!+ 122  Tree op as borg vir u kneg ten goede.+Laat die vermeteles my nie te kort doen nie.+ 123  My oë het gesmag na u redding+En na u regverdige woord.+ 124  Handel met u kneg ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid,+En leer my u voorskrifte.+ 125  Ek is u kneg.+ Laat my verstaan,+Sodat ek u herinneringe kan ken.+ 126  Dit is die tyd vir Jehovah om op te tree.+Hulle het u wet verbreek.+ 127  Daarom het ek u gebooie liefgehad,+Meer as goud, ja, as gelouterde goud.+ 128  Daarom het ek al die bevele aangaande alle dinge as reg beskou;+Elke valse pad het ek gehaat.+ פ [Peʼ] 129  U herinneringe is wonderbaar.+Daarom het my siel hulle bewaar.+ 130  Die onthulling van u woorde gee lig;+Dit laat die onervarenes verstaan.+ 131  My mond het ek wyd oopgemaak om te hyg,+Want na u gebooie het ek verlang.+ 132  Wend u tot my en betoon guns aan my,+Volgens u regterlike beslissing ten opsigte van dié wat u naam liefhet.+ 133  Vestig my voetstappe stewig in u woord,+En laat niks skadeliks my oorheers nie.+ 134  Verlos my van elke bedrieër uit die mensdom,+En ek sal u bevele onderhou.+ 135  Laat u aangesig skyn oor u kneg,+En leer my u voorskrifte.+ 136  Strome water het uit my oë gevloei+Omdat hulle u wet nie onderhou het nie.+ צ [Sadeʹ] 137  U is regverdig, o Jehovah,+En u regterlike beslissings is reg.+ 138  U het u herinneringe+ beveel in regverdigheidEn in buitengewone getrouheid.+ 139  My ywer het ’n einde aan my gemaak,+Omdat my teenstanders u woorde vergeet het.+ 140  U woord is deur en deur gelouter,+En u kneg het dit lief.+ 141  Ek is onbeduidend en veragtelik.+U bevele het ek nie vergeet nie.+ 142  U regverdigheid is regverdigheid tot onbepaalde tyd,+En u wet is waarheid.+ 143  Benoudheid en moeilikheid het my getref.+Vir u gebooie was ek lief.+ 144  Die regverdigheid van u herinneringe is tot onbepaalde tyd.+Laat my verstaan, sodat ek kan bly lewe.+ ק [Kof] 145  Ek het met my hele hart geroep.+ Antwoord my, o Jehovah.+U voorskrifte sal ek bewaar.+ 146  Ek het u aangeroep. Red my tog!+En ek sal u herinneringe onderhou.+ 147  Ek het vroeg in die oggendskemering+ opgestaan, sodat ek om hulp kan roep.+Op u woorde het ek gewag.+ 148  My oë was die nagwake voor,+Sodat ek u woord kon oordink.+ 149  Hoor tog my stem ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid.+O Jehovah, hou my in die lewe volgens u regterlike beslissing.+ 150  Dié wat losbandige gedrag najaag,+ het naby gekom;Hulle het ver van u wet verwyderd geraak.+ 151  U is naby, o Jehovah,+En al u gebooie is waarheid.+ 152  Lank gelede het ek van u herinneringe geken,+Want tot onbepaalde tyd het u hulle gegrondves.+ ר [Resj] 153  Sien tog my ellende, en red my;+Want ek het u wet nie vergeet nie.+ 154  Voer tog my regsaak en verlos my;+Hou my in die lewe in ooreenstemming met u woord.+ 155  Redding is ver van die goddeloses,+Want hulle het u voorskrifte nie gesoek nie.+ 156  U barmhartighede is baie, o Jehovah.+Hou my tog in die lewe volgens u regterlike beslissings.+ 157  My vervolgers en my teenstanders is baie.+Van u herinneringe het ek nie afgewyk nie.+ 158  Ek het dié gesien wat verraderlik handel,+En ek het ’n weersin daarin, want hulle het u woord nie onderhou nie.+ 159  Sien tog dat ek u bevele liefgehad het.+O Jehovah, hou my in die lewe ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid.+ 160  Die hele inhoud van u woord is waarheid,+En elke regverdige regterlike beslissing van u is tot onbepaalde tyd.+ ש [Sin] of [Sjin] 161  Vorste het my sonder oorsaak vervolg,+Maar my hart het u woorde gevrees.+ 162  Ek verheug my oor u woord+Net soos iemand wat baie buit vind.+ 163  Leuens het ek gehaat,+ en ek verfoei dit deurentyd.+U wet het ek liefgehad.+ 164  Sewe keer per dag het ek u geloof+Weens u regverdige regterlike beslissings.+ 165  Oorvloedige vrede behoort aan dié wat u wet liefhet,+En vir hulle is daar geen struikelblok nie.+ 166  Ek het op u redding gehoop, o Jehovah,+En ek het u gebooie nagekom.+ 167  My siel het u herinneringe onderhou,+En ek het hulle baie lief.+ 168  Ek het u bevele en u herinneringe onderhou,+Want al my weë is voor u.+ ת [Tau] 169  Laat my smekende geroep nader kom voor u, o Jehovah.+Laat my tog verstaan volgens u woord.+ 170  Laat my versoek om guns voor u kom.+Verlos my tog volgens u woord.+ 171  Laat lof by my lippe uitborrel,+Want u leer my u voorskrifte.+ 172  Laat my tong u woord uitsing,+Want al u gebooie is regverdigheid.+ 173  Laat u hand my tot hulp wees,+Want u bevele het ek gekies.+ 174  Ek het na u redding verlang, o Jehovah,+En vir u wet is ek lief.+ 175  Laat my siel in die lewe bly en u bly loof,+En laat u regterlike beslissings my help.+ 176  Ek het soos ’n verlore skaap gedwaal.+ Soek tog u kneg,+Want ek het u gebooie nie vergeet nie.+

Voetnote