Psalm 12:1-8

Vir die musiekleier, op die laer oktaaf.+ ’n Melodie van Dawid. 12  Red my tog,+ o Jehovah, want daar is geen lojale meer nie;+Want die getroues het onder die mensekinders verdwyn.   Hulle bly onwaarheid tot mekaar spreek;+Met vleiende lippe+ bly hulle dubbelhartig+ spreek.   Jehovah sal alle vleiende lippe uitroei,Die tong wat groot dinge spreek,+   Dié wat gesê het: “Met ons tong sal ons die oorhand kry.+Ons lippe is met ons. Wie sal heer oor ons wees?”   “Weens die plundering van die geteisterdes, weens die gesug van die armes,+Sal ek nou opstaan”, sê Jehovah.+“Ek sal hom in veiligheid stel van almal wat hom verag.”+   Die woorde van Jehovah is suiwer woorde,+Soos silwer wat in ’n smeltoond van die aarde gelouter is, sewe keer gesuiwer.   U, o Jehovah, sal hulle bewaak;+U sal elkeen tot onbepaalde tyd bewaar van hierdie geslag.   Die goddeloses loop oral rond,Omdat gemeenheid onder die mensekinders verhef word.+

Voetnote