Psalm 120:1-7
’n Lied van die opgange.
120 Ek het Jehovah in my benoudheid aangeroep,+En hy het my geantwoord.+
2 O Jehovah, verlos tog my siel van valse lippe,+Van die bedrieglike tong.+
3 Wat sal aan jou gegee word, en wat sal vir jou bygevoeg word,O bedrieglike tong?+
4 Skerpgemaakte pyle van ’n sterk man,+Saam met brandende kole van die besemstruike.+
5 Wee my, want ek het as ’n vreemdeling in Meseg+ gewoon!Ek het by die tente van Kedar+ gewoon.
6 Te lank het my siel gewoon+By dié wat vrede haat.+
7 Ek staan vrede voor;+ maar wanneer ek praat,Is hulle vir oorlog.+