Psalm 121:1-8
’n Lied vir die opgange.
121 Ek sal my oë na die berge opslaan.+Waarvandaan sal my hulp kom?+
2 My hulp is van Jehovah,+Die Maker van hemel en aarde.+
3 Hy kan onmoontlik toelaat dat jou voet wankel.+Die Een wat jou bewaar, kan onmoontlik lomerig wees.+
4 Kyk! Hy sal nie lomerig wees of aan die slaap raak nie,+Hy wat Israel bewaar.+
5 Jehovah bewaar jou.+Jehovah is jou skaduwee+ aan jou regterhand.+
6 Die son sal jou bedags nie steek nie,+Ook nie die maan snags nie.+
7 Jehovah sal jou van alle rampspoed bewaar.+Hy sal jou siel bewaar.+
8 Jehovah sal jou uitgang en jou ingang bewaar,+Van nou af en tot onbepaalde tyd.+