Psalm 122:1-9

’n Lied van die opgange. Van Dawid. 122  Ek was bly toe hulle vir my gesê het:+“Laat ons na die huis van Jehovah+ gaan.”+   Ons voete het gestaan+Binne jou poorte, o Jerusalem.+   Jerusalem is gebou soos ’n stad+Wat in eenheid saamgevoeg is,+   Waarheen die stamme opgegaan het,+Die stamme van Jah,+As ’n herinnering vir Israel+Om dank te bring aan die naam van Jehovah.+   Want daar het die trone vir die gereg gestaan,+Trone vir die huis van Dawid.+   VRA om die vrede van Jerusalem.+Dié wat jou liefhet, o stad, sal vry van sorge wees.+   Mag vrede voortduur in jou skans,+Sorgeloosheid in jou woontorings.+   Ter wille van my broers en my metgeselle sal ek nou sê:+“Mag daar vrede in jou wees.”+   Ter wille van die huis van Jehovah ons God+Sal ek die goeie vir jou bly soek.+

Voetnote