Psalm 123:1-4
’n Lied van die opgange.
123 Tot u het ek my oë opgeslaan,+O u wat in die hemel woon.+
2 Kyk! Soos die oë van knegte op die hand van hulle heer is,+Soos die oë van ’n diensmeisie op die hand van haar meesteres is,+So is ons oë op Jehovah ons God+Totdat hy aan ons guns betoon.+
3 Betoon guns aan ons, O Jehovah, betoon guns aan ons;+Want ons is tot oorvloedens toe versadig van veragting.+
4 Ons siel is tot oorvloedens toe versadig van die spot van dié wat gerus is,+Van die veragting van die verwaandes.+