Psalm 124:1-8

’n Lied van die opgange. Van Dawid. 124  “As Jehovah nie vir ons was nie”,+Moet Israel nou sê,+   “As Jehovah nie vir ons was+Toe mense teen ons opgestaan het nie,+   Dan sou hulle ons lewend verswelg het+Toe hulle toorn teen ons ontvlam het.+   Dan sou die waters ons weggespoel het,+Sou die stroom oor ons siel gegaan het.+   Dan sou die waters van vermetelheid+Oor ons siel gegaan het.   Mag Jehovah geloof word, wat ons nieAs prooi vir hulle tande gegee het nie.+   Ons siel is soos ’n voël wat ontsnap het+Uit die valstrik van voëlvangers.+Die valstrik is gebreek,+En ons het ontsnap.+   Ons hulp is in die naam van Jehovah,+Die Maker van hemel en aarde.”+

Voetnote