Psalm 125:1-5

’n Lied van die opgange. 125  Dié wat op Jehovah vertrou,+Is soos die berg Sion,+ wat nie kan wankel nie, maar tot onbepaalde tyd bly.+   Soos daar berge rondom Jerusalem is,+So is Jehovah rondom sy volk,+Van nou af en tot onbepaalde tyd.+   Want die septer van goddeloosheid sal nie bly rus+ op die gebied wat deur die lot aan die regverdiges toegewys is nie,Sodat die regverdiges nie hulle hand na enige onreg sal uitsteek nie.+   Doen tog goed, o Jehovah, aan die goeies,+Ja, aan dié wat opreg is in hulle hart.+   Wat dié betref wat afwyk na hulle krom weë,+Jehovah sal hulle laat weggaan saam met dié wat skadelike dinge beoefen.+Daar sal vrede oor Israel wees.+

Voetnote